Wednesday, October 29, 2008

Woensdagoggend

Enrique se toestand het verder versleg. Die morfien is tot 15 opgestoot. Leana sê hulle het 'n baie moeilike nag gehad. Sy klink uitgeput en sal waarskynlik nie vandag die blog opdateer nie.

Ek stel voor dat u haar nie kontak nie sodat sy bietjie kan rus, maar bid asseblief vir haar, Enrique en die kinders.

17 comments:

Wollie en Nellie said...

GESANG 353
Aan U, o God, my dankgesange
U wil ek in my aandlied prys!
Al kwyn die sonlig teen die hange,
U lig, my lig, sal hoër rys.
U het my met U guns versadig
En as ‘n Vader my beskerm;
Met seëninge, so mildadig,
U dag en nag oor my ontferm.
By U laat ek met stil vertroue
al my bekommernis vannag;
U Gees sal my in dié vertroue
ook voortlei in die nuwe dag!
U self stel aan die Bose perke;
U het ons vir U diens bevry:
laat doen ons, Heer, die goeie werke
deur Jesus vir ons voorberei.
U was my toevlug in gevare,
U Hand het my gevoed, gelei;
U was in al wat ek ervaar het,
In voor- en teëspoed naby.
Deur nagrus wil U weer ons kragte
Herstel, na liggaam en na gees;
U sluimer nie – ook deur die nagte
Sal U steeds die getroue wees.
Ek weet aan Wie’k my toevertrou het,
Al wissel dan ook dag en nag;
Ek ken die Rots op Wie’k gebou het,
Van Wie ek al my heil verwag.
Eens aan die einde van my lewe,
Sal ek, van alle sorge vry,
Vir elke dag my hier gegewe
U hoër, reiner loflied wy.
Dank, Vader, dank vir U genade –
dis onverdiende guns alleen!
Beoordeel U na reg my dade,
waar sal ek skuil, waar vlug ek heen?
Maar nee, ek mag, ek wil nie vrees nie,
U spreek my vry om Jesus bloed;
ek sal nie meer bekommerd wees nie –
in Hom is rus vir my gemoed.
Liefde.Wollie & Nellie

Jacoline said...

Hy is ons Abba Vader, Die Bewerker van wonderdade, die God van alle vertroosting, die Rots by wie ons veilig is, die een wat nuwe krag gee en Hy is Jahwe-Rophe, die Here wat gesond maak, ons Beskermer, ons Vredevors, 'n sterk toring.

Jesus is die Here, die balsem van Gilead, die Een wat vir ons deurboor is en die EEN deur wie se wonde daar vir ons genesing is, die Geneesheer, die Leidsman, die Verlosser, Die Oorwinnaar in die stryd, die Bron van hoop, die Een wat alles instand hou, beheer en in WIE se hande ons veilig is - ons VASTE HOOP.

Die Heilige Gees is die EEN wat vrede gee, Gees van die waarheid, wat lewe gee, die Gees wat oor die waters gesweef, geskep en nuwe lewe laat uitspruit het.

Dankie Here dat U getrou is en dat U oor nie te doof is om te hoor en U arm nie te kort is om te help nie. U beloof U sal ons help in die dag van benoudheid, MAAR ons moet U eer.

Jacoline

Carmen said...

Die poorte van die hemel sal vir hom oop staan
As hy eendag hier weg moet gaan
Sy plekkie in die hemel is reeds betaal
As die Here hom nou gaan kom haal

Hy het gedoen wat die Here van hom vra
Hy het gehelp om my laste te dra
Hy het vir Jesus se Naam opgestaan
Die poorte van die hemel sal vir oom Enrique oop staan!


Ons kon sien, hoe Enrique sy naaste dien
Enrique kon hoor met ‘n geestelike oor
En hy was ook ‘n samaritaan
Die poorte van die hemel sal vir hom oop staan!

Anonymous said...

STERKTE UIT GANSBAAI. ONS BID VIR JULLE. ENRIQUE IS N WONDERLIKE MENS. AS DAAR NOU AL OOIT N VOORBEELD VAN DIE HERE SE WITBROODJIES WAS,IS ENRIQUE N SPREKENDE VOORBEELD. ENRIQUE HET DIE AANDAG,KONTAK,INLIGTING EN ALLES WAT DIE HERE AAN HOM GEGEE HET MILDELIK GEDEEL MET ANDER. NOOIT WAS DAAR IETS TE MOEILIK OF TE ONGEMAKLIK VIR ENRIQUE NIE. DANKIE DAT JY DIT OOK MET MY GEDEEL HET. DIT IS N VOORREG OM JOU TE KEN. ONS BID VIR JULLE

Unknown said...

Liewe Leana en Enrique xxx Ek is so oorweldig deur die stortvloed seën van jou woorde...jou liefde vir jou man...Wens ek was daar om jou net bietjie vas te hou. Bid vir julle. Liefde Blyde xxx

Marius \ Blom said...

Liefste Leana, Enrique en kinders

Ja, ek wou al so lankal 'n ou briefie skryf,net om te sê ons dink en bid gedurig vir julle.

Net gou-gou ietsie wat my altyd aan hom laat dink.
Nou die aand toe skyn die maan so helder in by die venster en die lig val toe op die lamp langs my bed. Ek smile toe so by myself en dink ja net soos Jesus ons lig in die lewe is, net so is Enrique ook 'n lamp in ons lewe. My oog vang toe die wasgoedpennetjie wat daaraan vasgeknyp sit. Vroeg in verlede jaar het hy biduur by ons huis gehou, en al 24 wasgoedpennetjies uitgedeel aan die mense. Met die gebruik van die wasgoedpennetjie het hy soos jy ook sê die boodskap op so 'n praktiese manier vir ons verduidelik. Ons sondes is soos vuil wasgoed wat ons na Jesus toe moet neem om te skoongewas te word, asook dat ons mekaar moet vergewe. Hy sê toe ons moet ook nooit kwaad vir mekaar gaan slaap nie en elkeen van ons moet die pennetjie iewers aan 'n lamp of op die bedtafeltjie sit, dan as ons dalk kwade gevoelens teenoor mekaar het sal die pennetjie ons herinner om eers mekaar te vergewe voor ons gaan slaap. Nou ja die pennetjie het al soos 'n meubelstuk in my kamer geword en word saam met die ander goed afgestof. Ja, baie wat in die kamer inkom vra "en die pennetjie dan", ag dan is dit tog so 'n lekker aanknopingspunt.

Ons sê ook dankie vir ons Verlosser, Jesus ons Here dat Hy vir jou en Enrique ook oor ons pad gestuur het, om ons te kom wys hoe kinders van die Here in 'n huwelik teenoor mekaar moet optree en hoe om mekaar lief te hê. Julle en jul kinders is 'n groot voorbeeld vir ons en ander.

Ons was verlede Donderdag daar, maar jy was net 'n paar minute weg, wou net vir jou 'n drukkie kom gee het.

Ek mis julle baie, ook om julle toe te vou in my arms. Ons is baie lief vir julle.

Anonymous said...

Leanna, Enrique, Kinders en Gesin

Woorde kan in tye baie leeg en hol klink - tog wil ons net sê, julle is in ons harte en ons gebede. Niks wat ons sê kan dit beter maak nie, en so ook kan ons julle nie vertroos nie - net God kan dit doen.

Ons bid julle toe die Here se genade en Sy krag en Sy vrede.

Ons het vir julle lief geraak in hierdie jaar, daarom kan ons ook saam met julle huil.

Wees verseker van ons gebede - elke dag.

Baie liefde
Jan en Theresa

Anonymous said...

Julle bly in ons gedagtes en gebede. Let go, and let GOD.

Baie Liefde
Tanya & Callie Lombard

Anonymous said...

Julle bly in ons gedagtes en gebede. Let go, and let GOD.

Baie Liefde
Tanya & Callie Lombard

Wollie en Nellie said...

Gesang 47
1.Op berge en in dale,
En oral is my God;
Waar ons ook telkemale
Mag swerwe, daar is God!
Waar ons gedagtes swewe
Of styg, ook daar is God;
Omlaag en hoog verhewe –
Ja, oral is my God!
3.Sy troue Vaderoë
sien alles van naby;
ons leef uit Sy vermoë –
word deur Sy Gees gelei.
Die swaelties behoed Hy,
Beklee met gras die dal;
Die kleinste wurmpie voed Hy,
Sorg vir die groot heelal.
4.Die diere op die aarde,
Die visse in die see,
Die mossie en die arend,
Die blomme veld en vee,
Met al Sy ander werke,
Verkondig dag en nag
Sy goedheid sonder perke;
Die grootheid van Sy mag.
5.Roem, Christen, heel my lewe
Is veilig in my God;
Waar alles my begewe,
Of waar ek ly, is God;
Waar troue vriendehande
Nie red nie, daar is God;
Selfs in die dood se bande –
Ja, oral is my God! Liefde.
Wollie & Nellie

Wollie en Nellie said...

This Time You Gave Me a Mountain
1. There were the little hills that seems so hard to climb,
There were even times, I thought, I’d loose my mind.
But I did’nt know that just around the bend,
Stood the greatest hill that life could ever send.

Refrain:
And this time, You gave me a mountain, dear LORD,
A mountain I’m too weak to climb.
And this time, I need You like never before,
Hold my hand, guide my feet,
Help me climb this mountain steep.

2. Through the pouring rain, the path I cannot see,
And the falling leaves say winter’s soon to be.
Yet in my heart, I know, Your way is best for me,
For these very trials has brought me to my knees.
Lied gesing deur Joe Pearls.
Julle is in ons hart en gebede.
Liefde.
Wollie & Nellie

De Klerk Family said...

Psa 126:4 o HERE, verander [Enrique se] lot soos waterstrome in die Suidland. (Ons hou vas aan U Woord:]

2Ki 19:15-16 En Hiskía het voor die aangesig van die HERE gebid en gesê: HERE, God van Israel, wat op die gérubs troon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak! o HERE, neig u oor en luister. Open u oë, HERE, en kyk; en hoor...

2Ki 20:1-11,19 In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie. Toe draai hy sy gesig na die muur, en hy het gebid tot die HERE en gesê: Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ‘n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween. En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê: Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die HERE. En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid. Verder sê Jesaja: Bring ‘n vyekoek; en hulle het dit gaan haal en op die sweer gesit, en hy het gesond geword. Hiskía het vir Jesaja gevra: Wat is die teken dat die HERE my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die HERE? En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan? Toe sê Jehiskía: Dit is maklik vir die skaduwee om tien grade te daal; nee, maar laat die skaduwee teruggaan, tien grade agteruit. En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit. Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!

Psa 106:1-2,4 Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. Wie kan die magtige dade van die HERE uitspreek, al sy roem verkondig? Dink aan [Enrique], o HERE, na die welbehae in u volk, besoek [hom] met u heil...[Here, want ons hoop is op U; niks is vir U te klein of te groot of te moeilik nie!! Here, U het dit vir Hiskia gedoen! O Here! Ons vertrou op U belofte:] Joh 14:13-4 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. [Here Jesus, die volk het U dienskneg nodig! Amen.]

Wollie en Nellie said...

Gesang 40
2.U is die Heer wat ons gemaak het,
Voor U kom ons – U skepsels – staan;
U is die Heer wat steeds gewaak het,
Deur wie ons gans en al bestaan.
U bring in ons gemoed die vrede,
U sterk ons gees met nuwe krag;
U gee U Lig ook oor ons rede –
Dis U van wie ons heil verwag.
3.O mens, bedink die eewge lewe,
Jou onverdiende erfenis,
Waar jy van heerlikheid omgewe,
Met God en al Sy kinders is.
Aan Hom ons dank vir die verwagting,
Dit het Sy Seun soveel gekos
Aan bitter lyding, hoon, verwagting,
Om ons van sonde te verlos.
5.Uit diepe dank, tot Gods behae,
Moet ek volkome wees soos Hy;
Is dit my doelwit al my dae,
Verskyn Sy beeld al meer in my.
Hy sal my sterk deur Sy genade,
Dat ek in Sy gebooie bly;
Al doen ek dikwels nog die kwade,
Tog heers die sonde nie in my.

Onthou jy, liewe Enrique, dat ek dikwels gevra het om gesang 40 vers 5te sing? Ek het gevind dat mense wat liedere opgee, meestal ALTYD vers 4 opgee, maar vers 5 is só besonders! Nellie.
Liefde. Wollie & Nellie

Wollie en Nellie said...

His eye is on the sparrow
Why should I feel discouraged,
why should the shadows come,
Why should my heart be lonely,
and long for heaven and home,
When Jesus is my portion?
My constant friend is He:
His eye is on the sparrow,
and I know He watches me;
His eye is on the sparrow,
and I know He watches me.
Refrain
I sing because I’m happy,
I sing because I’m free,
For His eye is on the sparrow,
And I know He watches me.
“Let not your heart be troubled,” His tender word I hear,
And resting on His goodness,
I lose my doubts and fears;
Though by the path He leadeth,
but one step I may see;
His eye is on the sparrow,
and I know He watches me;
His eye is on the sparrow,
and I know He watches me.
Refrain
Whenever I am tempted,
whenever clouds arise,
When songs give place to sighing, when hope within me dies,
I draw the closer to Him,
from care He sets me free;
His eye is on the sparrow,
and I know He watches me;
His eye is on the sparrow,
and I know He watches me.
Refrain
Liefde. Wollie& Nellie
Sms van Dawid & Wilna-Kristie (ons vriende)
1. His eye is on the sparrow
Why should I feel discouraged, why should the shadows come,
Why should my heart be lonely, and long for heaven and home,
When Jesus is my portion?
My constant friend is He:
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
I sing because I’m happy,
I sing because I’m free,
For His eye is on the sparrow,
And I know He watches me.
“Let not your heart be troubled,” His tender word I hear,
And resting on His goodness, I lose my doubts and fears;
Though by the path He leadeth, but one step I may see;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
Whenever I am tempted, whenever clouds arise,
When songs give place to sighing, when hope within me dies,
I draw the closer to Him, from care He sets me free;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
1. His eye is on the sparrow
Why should I feel discouraged, why should the shadows come,
Why should my heart be lonely, and long for heaven and home,
When Jesus is my portion?
My constant friend is He:
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
I sing because I’m happy,
I sing because I’m free,
For His eye is on the sparrow,
And I know He watches me.
“Let not your heart be troubled,” His tender word I hear,
And resting on His goodness, I lose my doubts and fears;
Though by the path He leadeth, but one step I may see;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
Whenever I am tempted, whenever clouds arise,
When songs give place to sighing, when hope within me dies,
I draw the closer to Him, from care He sets me free;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
1. His eye is on the sparrow
Why should I feel discouraged, why should the shadows come,
Why should my heart be lonely, and long for heaven and home,
When Jesus is my portion?
My constant friend is He:
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
I sing because I’m happy,
I sing because I’m free,
For His eye is on the sparrow,
And I know He watches me.
“Let not your heart be troubled,” His tender word I hear,
And resting on His goodness, I lose my doubts and fears;
Though by the path He leadeth, but one step I may see;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
Whenever I am tempted, whenever clouds arise,
When songs give place to sighing, when hope within me dies,
I draw the closer to Him, from care He sets me free;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me;
His eye is on the sparrow, and I know He watches me.
Refrain
Liefde. Wollie & Nellie

Dankie dat jul ons so op hoogte hou; ook met e-pos. Hartseer en tog so 'n getuienis van die “vrede wat alle verstand te bowe gaan”.
Liefde, Dawid & Wilna-Kristie (Vriende van Wollie & Nellie)

Wollie en Nellie said...

Liewe Leana, Enrique & Gesin
Julle bly in ons hart en gebede.
Liefde.
Wollie & Nellie

De Klerk Family said...

Aan al die vriende en familie van Enrique, 'n kort boodskappie en gebed:

En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!

En ‘n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.

En toe Hy in ‘n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
Luk 22:41-44

1Co 15:57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. Amen.

Wollie en Nellie said...

CLOSE to Thee
1.THOU my everlasting Portion,
More than friend or life to me,
All along my pilgrim journey,
Saviour, let me walk with Thee.
Close to Thee, close to Thee,
Close to Thee, close to Thee,
All along my pilgrim journey,
Saviour, let me walk with Thee.

2.Not for ease or worldly pleasure,
Not for fame my prayer shall be;
Gladly will I toil and suffer,
Only let me walk with Thee.
Gladly will I toil and suffer,
Only let me walk with Thee.

3.Lead me through the vale of shadows,
Bear me o'er life's fitful sea;
Then the gate of life eternal
May I enter, Lord, with Thee.
Then the gate of life eternal
May I enter, Lord, with Thee.

Enrique, Leana & Kinders,
Ons bid julle van God se
Krag & Sterkte.
Ons is lief vir julle.
Wollie & Nellie