Thursday, October 16, 2008

Donderdagoggend 16 Okt

Enrique het 'n redelik rustige nag gehad. Hy was vanoggend bietjie wakkerder, en kon met sy broer gesels.

Leana sal vanaand weer 'n volledige update doen.

Gebruik gerus die "comment" funksie - ons sal sorg dat die familie die boodskappe kry.

7 comments:

Anonymous said...

Enrique en Leana. Julle is voortdurend in ons gebede. Ek kyk so baie na julle foto wat op Mykenos geneem is. Lief vir julle. Jou ma in Pretoria

Anonymous said...

Ons verbly ons in die Here, want Hy is in beheer!Die storm is nou op sy ergste, maar Jesus is meer as ooit tevore saam in hierdie storm wat oor julle woed!Hy weet hoe en wanneer om dit te kalmeer.

Here hou hierdie gesin wat vir u baie kosbaar is asseblief styf vas!
Baie liefde.André&Elna Lombard

Anonymous said...

Bid vir jul gesin Leana, stekte. Dra my groete oor aan Enrique. As daar iets is waarmee ons kan help se net oor die muur.
Met die liefde van Jesus. Jul buurman Gideon

Anonymous said...

Liewe Enrique, Leana en kindertjies. Ons dink daagliks aan julle en bid voordurend vir julle! As dit die Here se wil is, bid ons dat die Here 'n wonderwerk vir jou sal doen! Lief vir julle. Liefde groete Christa & ander Brinkies

Anonymous said...

Liewe Vriend en Vriendin, Lerique en pienk voetjies, wees verseker dat Jesus AL ons gebede vir julle teen Sy bors vasdruk soos Hy ook met julle doen! Ek weet sommer dat julle 'n kalmte ervaar wat
'n mens se verstand te bowe gaan! Baie dankie ook vir julle onderskraging en bemoediging in ONS lewens!
Baie liefde
Rina Hunter en gesin

Anonymous said...

Aan die Matthee gesin

Dit is vir my 'n voorreg en 'n eer om julle te leer ken. Julle is vir ons soos 'n vars briesie wat in ons lewens ingewaai het by die kerk. Ons mis julle verskriklik. Al wat ek kan sê is daar is HOOP as daar nog lewe is. Ons bid voortdurend vir julle. Ons weet dat Jesus saam met julle is elke dag, elke oomblik.

Ons is baie lief vir julle!

Liefde en groete aan almal.

Jaco & Wendy du Plessis

Anonymous said...

Hallo Enrique & Leana. Weet asseblief dat julle in ons gebede is en dat ons saam met julle glo dat ons Liewe Vader in beheer is.
Baie liefde hier uit Australia!
Willie & Mia van der Merwe