Sunday, November 2, 2008

Sondagmiddag

Jammer vir die vertraging met die opdatering...

Enrique is nou baie swak, en kan bv nie meer self orent kom nie. Hy is dikwels naar en het dan hulp nodig, wat veroorsaak dat Leana baie min rus kry. Die morfiendosis is verder verhoog na 18. Hy is nie in 'n koma nie, maar agv die hoë dosis morfien selde werklik wakker.

Leana het weer 'n volledige "post" geskryf, maar die file het ongelukkig korrup geraak en kon tot dusver nie herwin word nie. Sy sal dit dus moet oordoen, maar is tans baie moeg omdat sy so min rus kry. Dit is onwaarskynlik dat haar update voor Dinsdag sal verskyn.
Ons sal die blog opdateer sodra Leana haar stuk geskryf het, of indien daar intussen 'n wesentlike verandering in sy toestand is.

7 comments:

Anonymous said...

Leanna Enrique Kinders en familie,

Ons bid vir julle - sonder ophou - ons bid vir God se Genade en Sy Barmhartigheid.

Weet dat julle gedurig in ons gedagtes is.

Baie liefde

Jan en Theresa

Wollie en Nellie said...

Liewe Enrique, Leana & Kinders

Julle bly voortdurend in ons gebede en gedagte. Mag God se Genade en Liefde elke oomblik oor julle skyn.

Rom 8:37-38. Niks kan ons van die Liefde van God skei nie, die Liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Liefde& Sterkte.
Wollie& Nellie

Carmen said...

Tannie Leana, Oom Enrique, Lerique en prinsessies

Ons bid vir julle, en ons vertrou op die Here! Oom se kersie brand nog elke dag in my ma se huis!!!! Dit remind ons van die liggie wat oom NOGSTEEDS uitstraal! En as ons dit sien, dan bid ons weer en vra die Here om julle te versterk, want NET HY kan dit doen.

Baie sterkte

Lerique, sterkte vir die eksamen, boetie! Jy kan!!! Ek weet jy kan!

Baie lief vir julle!!!
Carmen, Mari en Robert Terry

Anonymous said...

Mag die Groot Geneesheer nie net vir Enrique vertroosting en genesing bied nie, maar vir elkeen van julle langs sy bed. Ons bid dat julle SY nabyheid tasbaar sal beleef deur krag, insig en baie wysheid in julle omstandighede.
Familie in Christus
Jan-Adriaan en Elize
(deur Wollie en Nellie)

Wollie en Nellie said...

Liewe Enrique & Leana
Sterkte.

Ons daaglikse Skriflesing was op 3/11/2008 uit Lamentations (Klaagliedere) hoofstukke 1 en 2. Terwyl ek besig was om hoofstuk 2 hardop voor te lees, het hier vlak langs my op die stoep een van ons Kwikstertjies kom sit, langs die kaas, wat ons elke oggend neersit om die Kwikkies, Jan Frederike en die Olyflysters te voer. So het Kwikkie doodstil gesit terwyl ons nog verder uit Psalm 119:137-144; Spreuke 28:9-10; en Titus 3:1-15 gelees het. Eers toe ons heeltemal klaar gelees het, het hy weggevlieg.

Dit was vir ons kosbare oomblikke waarin ons in een van God se wonderwerke kon deel. Om te dink, dat HY selfs ‘n wilde voëltjie beïnvloed het om vir ‘n paar minute doodstil te sit en na God se Woord te luister, terwyl baie mense met gesonde verstand, nooit eers dié moeite doen nie.

Job 12:7 But now ask the animals, and they shall teach you; and the birds of the air, and they shall tell you;
Job 35:11 who teaches us more than the animals of the earth, and makes us wiser than the birds of the heavens?
Ps 50:11 I know all the birds of the mountains; and the wild beasts of the field are Mine.
Mat 6:26 Behold the birds of the air; for they sow not, nor do they reap, nor gather into barns. Yet your heavenly Father feeds them; are you not much better than they are?
GESANG 273 vers 1 en 4
Leer my soos Henog met U wandel
En deur geloof U te behaag,
In alles tot U eer te handel;
Tontdat die nuwe môre daag.
Hy wat U aanhang, op U steun,
Is in die gees, Heer, met U één.

Maar Henog het in donker dae
Met U gewandel, suiwer, waar.
Hy’t U geken en sonder klae
U leiding, koers en wil aanvaar.
Tot aan die einde van my pad,
Wil ek só wandel; U Hand vat.
GESANG 201
Jesus, Bron van al my vreugde;
Jesus, Lig van my geloof,
U is vol Genade, Waarheid,
U, my Heiland, Heer en Hoof.
Ja, ek is U eiendom,
U, die Seun; U het gekom.
As gestuurde van die Vader
Is U Self die Weg na Hom.

Carmen said...

In die wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” Joh 16:33

De Klerk Family said...

Leana,

Ons hou nie op bid vir julle nie! In die gees is ons die hele tyd met julle.

Jakobus 5:16 troos ons: “Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking...”

Vir Lerique:
Ons bid vir jou, ou maat. Sterkte met die skooldinge en weet dat ons jou ook in ons gebede en in ons harte onthou! JD en Robin stuur spesiale groete vir jou.

“Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang ...” (Heb 4:16).

Al ons liefde,
Jan, Lizette, JD & Robin