Monday, October 13, 2008

Waar om meer uit te vind

Leana se suster doen gereeld verslag op http://www.carepages.com/carepages/familiematthee

23 comments:

Anonymous said...

Liewe Enrique, Liana, Lerique en kleintjies:- Julle gesin is baie in ons gedagtes en ek bid daagliks vir julle. (Ek hoop steeds op 'n Wonderwerk, want ek weet niks is onmoontlik by die HERE nie!)

Baie sterkte vir julle!!!

Andries Bester en gesin.

Anonymous said...

Enrique, dankie vir die mooi wat ek en jy kon deel oor die jare. Dankie vir alles wat ek by jou kon leer. Indien Jesus jou dan nou graag wil huis toe neem, sal ons mekaar weer sien in die hemel. Bertie my broer stuur sy beste wense en so ook Melanie my vrou. Groete my goeie vriend. Jammer dat ons nie meer bymekaar uitgekom het nie maar ons tyd in die hemel is baie lank en vir ewig. Gert Myburgh.

Anonymous said...

Oom Enrique

Ek glo en vertrou dat oom gesond gaan word. Jesus red, en Hy kan oom ook red. Oom het die pragtigste kindertjies en tannie Leana moet baie sterk wees om deur dit alles te gaan. Ek glo en vertrou dat alles gaan afloop soos Jesus beplan het. Ons is lief vir oom. Annely, Carmen en Mari en Robert Terry van Eg Tygerberg.

JPP said...

Liewe Enrique, Liana en kinders
Ons dink aan julle en dra julle gedurig in gebed op aan ons Vader en vertrou dat Sy vrede gedurig daar by julle teenwoordig sal wees. Groete Jurg, Mandi en kinders

Anonymous said...

Liefste Enrique en Leana, Lerique en die twee rosies. Ek het al soveel keer begin om hier te skryf, maar dit voel of ek dom word om my hart se gevoelens vir julle op papier te sit. Enrique jy is soos my eie kind, die pad vanaf Monumentpark se dae is lank. Ek het gistermiddag met die ornamentjie in my hande gestaan en weer eens vir jou in die hande van die Liewe Heer gesit en ek weet dat niks by Hom onmoontlik is nie. Dankie vir jou glimlag deur die jare. Dankie dat jy by was toe ons na 37 jaar ons huweliksbeloftes hernu het saam met die kinders. Dit is 'n voorreg om jou te ken. Sterkte Leana en dankie vir jou troue sorg, bystand en liefde aan ons kind.

Anonymous said...

Ek sê moes ek voel dom, ek praat van die ornamentjie in my hande -jy het die ornamentjie vir my gegee toe jy nog in die skool was. Dit is baie lank gelede. Dit is baie kosbaar vir my.

Anonymous said...

Liewe Leana en Enrique, die tegnologie is darem fantasties - hierdie is 'n uitstekende idee om kontak te hou en kos minder ook. Julle bly in ons gedagtes en gebede. May God's very presence fill the room and every cell in your bodies and may you experience that peace that passes understanding continually. Lots of love, Bonny

Annalie Jacobs said...

Liewe Enrique en Leana, Julle is in ons gedagtes en gebede, ons weet nie vandag al die antwoorde nie, maar eendag sal ons weet, ons Heer en Meester het 'n plan met elkeen van ons se lewe. Dankie vir die mooi vriendskap en voorbeeld wat julle vir ons, maar spesiaal vir die kinders en jongmense is.

Pierre, Annalie, Carolise en Jaen Centurion Gemeente

Anonymous said...

Enrique en Liana ons, en ons gemeente bid vir julle.
Rom 8:38-39
Gerhard Sune en die gemeente van Potgietersrus

De Klerk Family said...

BOODSKAPPIE VAN MEV. ALWINA APPELGRYN, in Kimberley (E.G. Gemeente):

Leana, Enrique, Lerique, Aneleh en Sunetjie,

Ek bid steeds saan met julle dat God die wonderwerk sal laat gebeur, omdat geen ding vir God onmoontlik is nie.

Ps. 86:10: Want God is Groot en doen wonders. U aleen is God.
Tannie Alwina

De Klerk Family said...

Liefwe Leana, Enrique, Lerique, Aneleh en Sunetjie,

Baie dankie vir die kosbare brokkies van julle lewens wat julle met ons deel hier op die webwerf. Ons is innig dankbaar dat ons so bevoorreg is om deel te kan wees van julle lewens. Ons hou nie op om vir julle te bid nie.

Ons verlang baie na julle en koester die wonderlike oomblike wat ons met julle kon deel. Ons onthou nou nog met groot teerheid en warm toegeneetheid julle kuiertjie by ons aan huis toe julle pas in die Kaap aangeland het.

Ons voeg vandag ons stemme hierby in nederige gebed vir julle en in smeking tot God vir Sy genade oor julle:

Psa 40:2-6: Ek het die HERE lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak. En Hy het ‘n nuwe lied in my mond gegee, ‘n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou. Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel ... Groot dinge het U gedoen, HERE my God — U wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.

1Th 5:11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
1Th 5:16 Wees altyddeur bly.
1Th 5:17 Bid sonder ophou.
1Th 5:18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
1Th 5:28 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.

Met al ons liefde,

Lizette, Jan, JD & Robin

E-pos: deklerkcanada@gmail.com

Anonymous said...

Liewe Enrique, Liana, Lerique en kindertjies. Die HEILIGE GEES is hier op aarde vir ons gelos om as TROOSTER te dien. Ek bid dat julle elke dag sy arms om julle sal voel as hy julle troos in hierdie moeilike tyd. Ons het self die pad geloop en weet hoe dit is, maar HY was altyd daar en het in elke behoefte deur die jare voorsien. Daar gaan nie een dag om wat die herinneringe ons nie laat lag nie. Hou dit en koester dit want dit is KOSBAAR!!! Jack en Hester en familie, ons dink en bid vir julle in hierdie tyd!!
Baie Liefde
Amanda en Wimpie Nel xxx

Anonymous said...

Enrique, jammer ek kry nou eers die geleentheid om hi te sê. Baie dankie vir die besoek tye toe ek in die Kaap was vir my operasie. Ek wens ek kon nou daar gewees het by jou en jou familie, om vir jou te bid. Die Here het my volkome genees, en net Hy weet wat die beste vir 'n mens is. Sy planmet ons sal niemand ooit weet nie. Dnkie vir al jou liefde, gebede en raad. Ek en Maria dra jou op aan Jesus, want ek weet, net by Hom kan jy geneesing, vrede en vreugde kry. Alle sterkte daar vir jou en jou wonderlike familie. Groete Okkie, Maria en John Matthew uit Windhoek Namibia.

Anonymous said...

Liewe Leana,

Ek din so baie aan jou, en bid vir jou!
Weet dat jy nooit alleen is nie.

Baie liefde en sterkte,
Evette de Klerk

Anonymous said...

Liewe Enrique,Liana en kinders. Liana ons wil jou bedank dat jy soveel moed het om ons almal op hoogte te hou, ons opreg dankbaar. En dankie vir dit wat jy sommer so uit jou hart deel. Ons as gesin iets kom leer uit dit alles en dit is om nog nader aan mekaar te leef en mekaar te versorg.

Weet ons bid vir julle ook as gemeente van Bredasdorp. Baie sterkte vir julle en hou moed!

Met baie liefde Coenie&Ruana en gesin.

Anonymous said...

Liefste Leana-meisiekind, dink só baie, baie spesiaal aan julle vanaand. Dit is 'n wonderlike voorreg om julle as "kinders" in my huis, in my lewe, en veral in my hart te hê.

Aneleh en Suné is albei lank reeds in droomland. Weet ook dat hul teenwoordigheid hier vir ons net een GROOT vreugde EN voorreg is.

Verder kan ek net vir julle as gesin in die arms van ons Pappa Jesus plaas en aanhou om vir Hom te vra om julle baie, baie naby aan Hom te hou sodat jul altyd van Sy teenwoordigheid bewus sal bly.

Baie lief vir julle!!!

Anonymous said...

Enrique Liana en Kinders.

Ons dink aan julle en bid gedurig vir julle.

God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming. Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad al skuif die berge tot in die diepte van die see. God is daar.

Groete Reghard en Loraine Janse van Rensburg. Goudveld gemeente

Anonymous said...

Beste Enrique, Leana en kinders. Ons wil uit ons hart dankie sê vir alles wat julle vir ons gesin beteken het, veral vir Dané en Herman. Ons bid vir julle! Baie lief vir julle! Baie sterkte vorentoe. Ons pleit die Here se Genade oor julle in hierdie moeilike tyd. Ons bid dit in Jesus naam.
Baie liefde
Franswa, Danélia, Dané, Herman en Janet Kok

Anonymous said...

Liewe Ds Enrique,
Ons het so 4 jaar gelede na die Kaap verhuis, vinnig by 'n kerk ingeskakel en dit is waar ons Ds leer ken het, Tygerberg Gemeente. Die sondagskool en kinderkerk was heerlik en vol pret!!!!! Dankie vir daardie lekker tye, vir die hot chocolate voor kinderkerk, koeldrank in die somer en al die mooi stories. Ons onthou nog hoe Ds in 'n kinderdiens koek gebak het of moet ons sê probeer koek bak, want niemand wou van daardie koek eet nie, JIG, dit het nie lekker gelyk nie. Ds, al is ek en my boetie nog klein, weet net ons bid elke aand vir Ds en as dit Jesus se wil is, weet ons Ds gaan weer vir ons kinders probeer koek bak. Liefde Mervyn (9 jaar) en Erik (7 jaar) Roos

Carmen said...

TANNIE LEANA
Ek bid dat ons Liewe Here julle sal versterk. Net HY kan dit doen, daarom gaan ek nie eers probeer nie. al wat ek kan doen is om te bid.

LERIQUE
Jy gaan 'n ongelooflike tyd deur, met skool en eksamen ens. Voorspoed boetie! en sterkte.

OOM ENRIQUE
Nooit het ek iemand beleef met sulke ongelooflike vertroue in die Here nie!

OOM & TANNIE
Eendag, nè, as ek getroud is, dan wil ek 'n verhouding soos julle s'n hê. Dis my harts begeerte! Baie dankie vir die voorbeeld wat julle vir my, en al ons ander jongmense gee.

EK IS LIEF VIR JULLE!!!

Anonymous said...

Ons dra jul elke dag in ons gebede en gedagtes. Die voorbeeld wat jul vir ons stel, is iets wat ons op ons pad kan saam neem.Enrique se kinderdienste het so 'n groot inpak op my gemaak dat ek sy voorbeeld wil volg deur op praktiese wyse aan my seun van Jesus te vertel. Op 14 Okt 2006 het Enrique ons in die huwelik bevestig. Soveel mense het daarna nog gepraat oor die goeie diens en die wonderlike mens wat hy is. Dankie Jesus vir 'n man wat God so lief gehad het en soveel siele kon bereik op so 'n praktiese wyse. Enrique, ek het nou nog die pakkie sop!! Ons is baie lief vir julle. Pieter, Yolandi en klein Ruan

1010 said...

Liewe Enrique, Liana en kinders.

Dit is so waar...wat kan 'n mens sê? Tog weet ons dat Jesus se woorde dade en liefde vir ewig is, verewig ons omvou, onderskraag, vertroos, bemoedig, geloof gee en ons trane afvee. 1Kor 13 is vir ons altyd 'n wonderlike gedeelte en sien ons nou, Leana, hoe dit ook in jou en Enrique en jul kinders uitwerk. Ons probeer jul benoedig maar jul getuienis is vir ons, in jul reis deur die dal, so besprenkel met Jesus se liefde dat ons nie anders, wanneer trane spontaan oor ons wange afrol, oor die dankbaarheid in ons harte wanneer ons lees en julle beleef nie.

Werklik...die betekenis van liefde kry 'n nuwe dimensie en kan ons uit ons harte jul die liefde gee wat 1 Kor 13 vir ons leer.

Ons gebede is dat Jesus altyd jul hande styf sal vashou

Baie liefde

Vic en Marie

Unknown said...

Jul bly in ons gebede en gedagtes. Baie dankie vir kosbare toewyding. Ds. Enrique, as ons nie weer kan gesels, onthou net;"Daar bo in die Hemelse Kanaan". Leana, ons het met my broer gevind dat die morfien ons beroof het van kosbare helder tyd met my hom. Toe het hul Durogesic pynplakkers gebruik, wat nie die nare uitwerking van aanhoudende slaap, verwarring en naarheid het nie.(Net n voorstel, want mense ken dit nie). Liefde! Hanna Albertyn