Wednesday, October 22, 2008

Ver en naby


Fisiese welstand

Die afgelope tyd was dit baie besig hier by ons – Enrique se broers uit Gauteng het hier 'n draaitjie gemaak. Maar wanneer ek vir jou vertel hoe dit met Enrique gaan, dan moet ek sê was dit net so besig.

Op hierdie stadium is hy heelwat geswel (ook sy bene), maar hy ly nie lelik nie, hy lyk eintlik nou vir my mooi, omdat die afgelope tyd se gewigsverlies sy gelaat amper ontstellend baie verander het.

Hy is nog steeds dikwels naar, maar dis steeds onder beheer. Morfien staan tans op 6. Soos wat die dokter sê: “Ons groot doel is om hom gemaklik te maak sonder pyn, net eenvoudig rustig.”
Hy hallusineer ’n bietjie, en is minimaal wakker. Hy verstaan nog mooi, maar hou sy oë toe en knik net.

Geestelik

Ek lees vir hom wanneer dit net lyk of hy teenwoordig is. Neurie selfs ’n aanbiddingslied, bid dan vir ons albei en ons kinders.

Gebed: Bid vir sterwensgenade, dank ons Pa vir sy tasbare teenwoordigheid. Dat Hy altyd Iemand is wat ’n plan het, want ons het nie een nie. Dankie vir Sy vertroosting. Bid net omdat dit ’n wonderlike tyd is vir gebed, en omdat Hy ons so goed ken.

Baie dankie vir al u gebede, ek ervaar hoe gebedshande ons dra. Dankie vir almal wat ons webtuiste besoek en ook dankie vir al die boodskappies. Dit is vir my so ’n bemoediging. Ek lees hulle ook voor vir Enrique.

Uit die hart

Onthou: Uit die hart skryf ek sommer net rondom ervaringe wat ek beleef hier, maar terwyl ek so sit kom daar ook so baie dingetjies – eintlik mooi dingetjies – uit die verlede op, wat als hier die moeite werd maak. Hierdie mens het mos gelééf, dit is mos nie net ’n persoon wat sterwend is nie. Maar die klein dingetjies wat hy gedoen het, het my laat lag, en sommer baie ook. Dit was een van sy dagtake om my aan die lag te kry. Hy laat my steeds lag. Soms terwyl ek so luister terwyl hy hallusineer, sê hy nog steeds snaakse goed. Alles wat hy praat is eintlik aan my bekend. Ek herken sekere gebeure uit die verlede en dit bring ook nog herinneringe.

Enrique het elke dag vir my gese: “Onthou Leana, niemand gaan vandag aan jou voordeur kom klop en sê: 'Haai kyk, dit is ’n lekker dag' nie. Ons moet kies om te lag; dit kom nie vanself nie.”

Nou ja, vandag se stuk:

Om ver te ry, die langpad te vat, word deur almal verskillend geïnterpreteer. Lang paaie verg beplanning, en die beplanning hang baie af van vorige ervarings wat opgedoen is. Dit opsigself verander jou persepsie rondom hoe jy gaan beplan.

Die nuus aangaande ’n gever ryery word altyd in ons huis begroet met ’n gevoel van ekstase. Dit was nooit uitgeredeneer met Rand en sent nie. Ja dit ook, maar die eerste sin van die ver pad bespreking klink om en by so: “So, wat eet ons?”

"Ver" en "kos" is in ons gesin sinoniem. Maar die vraag van hoe ver is nou eintlik ver kom nooit op nie, want alles buite ’n radius van 50 km is ver genoeg.

Dan praat ons nie van “Take aways” nie. Eers word daar ’n lys opgestel en winkel toe gegaan. En uiteindelik is die mandjie gelaai. Iets ligs om aan te peusel. Die hoofmaal sien so daar uit (net vir kennisname, dis Enrique se resep en niks anders. Ek het klasse gekry in die maak van die ding. En vir die wat hom goed ken – dit was gedoen in detail): “Vat ’n vars bun, smeer botter op, nie margarien. Plaas 3 pasgebraaide, nie afgekoelde visvingers daarop. Smeer vinnig Miracle Whip bo-op, draai blitsig toe in Glad Wrap. Pak in.

Nou dit is absoluut teen die norm van broodjies insit. Toe ek hom nou vra waarom hy niks laat afkoel nie, was sy respons: “Kos wat nta-nta maaak op jou tong is altyd lekker, dit gaan oor die gevoel.” Wie's ek om te stry?

Nou rondom menseverhoudinge werk dit bykans net so. Vir my is daar 3 tipes belewingsvelde mondom menseverhoudinge. Ek praat oor verhoudinge omdat verhoudinge nou ’n fenominale rol speel.

Die 3 kategorieë klink vir my so: Sommige mense is ver, ander naby, en ander Jetsetters.

Ver mense het ’n behoefte om naby te wees, maar voel altyd ver, omdat daar een of ander blokkasie is – ’n mate van oorsensitiwiteit wat hul altyd verwyder laat voel van die verhoudinge wat hul begeer. En om een of ander rede voel hulle dan vir jou ook ver. My swaer gebruik altyd die volgende uitdrukking: “Julle Jel net nie.” Hulle is nou die ouens wat die broodjies help pak net soos jy daarvan hou, maar wanneer die motor start dan het hulle vir almal vertel hulle hou nie van die sous nie.

Dan kry jy die Jetsetters. Iemand wat baie vlieg word ’n Jetsetter genoem. Maandag-oggende baie vroeg sien jy hulle op die lughawe op pad vanaf Kaapstad na Johannesburg. Hierdie kategorie is vinnig ver, en vinnig naby. Hulle sal die broodjies help pak net soos jy dit doen, maar wanneer die motor start dan het hulle gevlieg.

Dan kry jy die naby mense. Hulle hoor jy gaan ry, hulle wil saam, hulle help ook om buns te maak en die hele rigmarole, hulle klim in en ry saam, eet saam... Die bun ding val nie eintlik in hulle smaak nie, maar hulle eet saam en geniet dit omdat jy dit geniet. Julle is verskillend maar geniet mekaar se andersheid. Jy vul my aan, en jy laat toe dat ek jou aanvul. Hierdie is mense wat geleer het dat anderswees eintlik “oraait" is. Ons nabywees word gebou met ons harte, en nie met ons ooreenkomstige sieninge en geaardhede nie: Ek is anders as jy en jy is vir my naby omdat ek jou andersheid geniet.

Kyk Enrique is anders. Hy het die vermoë om altyd ’n vraag agter alles te sit en te kyk hoe hy dit vir almal interessant kan maak. Sy grootste mikpunt was altyd: Hoe kan ek dit reg kry dat jy God wil dien op ’n praktiese verstaanbare manier? Die wat naby is aanvaar hom so. Sy andersheid het dié wat wou naby wees, nog nader getrek. Ek kon sien hulle het baie maal kopgeskud, maar hulle is naby. Hy is ’n naby mens en hou van mense, is lief vir tieners, versot op kinders. Hy praat altyd van die kerk kinders as “my kinders” en het altyd gesê: "Ons hoef nie nog kinders te kry nie, ons het baie kinders." Vir elk is daar ’n troetelnaam.

Sy hartseer is dat hy ander kinders kon leer maar nou nie sy eie sal kan leer nie.

Het jy geweet?

Enrique het 20 jaar gebid vir Aneleh, en Suné was ’n bonus uit die hemel.

Hy het ook altyd gesê: “Die lewe is te kort vir slegte kos en slegte koffie”. En geweier om een van die twee te doen.



Groete
Leana

11 comments:

Anonymous said...

Met 'n seer hart lees ek die opmerkings en alles wat jy geskryf het, Leana en kyk ek na die foto's van julle almal, MAAR met 'n glimlag onthou ek al die tye wat ons klomp saam kon deurbring toe ek en Phillip nog in die Kaap gebly het.Ek het nou een dag weer na die video gekyk wat julle vir ons saamgestel het net voordat ons Nelspruit toe gekom het en dan hoor mens hoe lag Enrique terwyl hy besig is om die video te maak. Voorwaar 'n man wat die lewe GELEEF het, wat God hom gegee het. Ons onthou nog sy jeugboodskappe waarmee, dink ek, hy meer volwassenes geraak het as wat hy ooit kon besef! Veral die eerste een waar hy die jong seun was wat "skool" toe gegaan het en op en af op 'n baie warm dag daar in die kerk gehardloop het en dan die "prentjie" van die bybel wat nie meer woorde het nie. Wat 'n indruk het dit nie gemaak nie, ook die "bus" wat die kerkraad moes"stoot" en die OTM wat julle twee so goed gewerk het.
Mag God julle ryklik seën en ons Pappa Vader naby julle wees en deur God Heilige Gees julle elke oomblik bewus maak van Jesus se tere liefde. Mag Sy liefde julle so oorskadu dat julle daarvan gedurig bewus sal wees.
Baie liefde vir julle
Phillip & Ann, Nelspruit

Anonymous said...

Liewe Leana,

Ek is nou al 'n paar dae lank kwaad dat Enrique nou al moet gaan ! Aan die een kant kry ek hoendervleis om te dink watter heerlikheid hy by Jesus gaan ontdek, voel party keer vir 'n paar oomblikke vir sy part amper in ekstase oor die gedagte, maar wanneer ek hier en nou dink, is ek ontevrede dat hy nou al moet gaan.
Lief vir julle
Alida

Annalie Jacobs said...

Leana, My hart is sommer seer vandag veral nadat jou update gelees het. Ek wens jy kon vir Enriqe 'n stywe druk gee van ons af. Sy glimlag sal altyd by ons bly. Onthou jy die keer(way back, baie lank gelede) toe hy 'n kinderdiens gebring het van die bus, en die een van die bybel met die lee bladsye. Altyd as ek daaraan terugdink, dan herleef mens weer die dienste, en hoor jy Enrique se stem so duidelik. Ek het 'n uitdruk gemaak van jou update, en gaan dit vanaand saamneem biduur toe, om dit met ander te deel wat nie internet toegang het nie. Baie dankie vir jou opbouende updates, en die spontaniteit waarmee jy dingetjies van julle, maar in besonder van Enrique met ons deel. Ons bid vir julle almal, en dat Jesus vir julle spesiaal in Sy arms sal neem, en vir julle sorg.

Liefde Pierre, Annalie, Carolise en Jaen, Centurion Gemeente

De Klerk Family said...

October 22

“He shall take of mine, and shall show it unto you.” - Joh_16:15

There are times when all the promises and doctrines of the Bible are of no avail, unless a gracious hand shall apply them to us. We are thirsty, but too faint to crawl to the water- brook.

When a soldier is wounded in battle it is of little use for him to know that there are those at the hospital who can bind up his wounds, and medicines there to ease all the pains which he now suffers: what he needs is to be carried thither, and to have the remedies applied.

It is thus with our souls, and to meet this need there is one, even the Spirit of truth, who takes of the things of Jesus, and applies them to us. Think not that Christ hath placed his joys on heavenly shelves that we may climb up to them for ourselves, but he draws near, and sheds his peace abroad in our hearts.

O Christian, if thou art to-night labouring under deep distresses, thy Father does not give thee promises and then leave thee to draw them up from the Word like buckets from a well, but the promises he has written in the Word he will write anew on your heart. He will manifest his love to you, and by his blessed Spirit, dispel your cares and troubles. Be it known unto thee, O mourner, that it is God’s prerogative to wipe every tear from the eye of his people.

The good Samaritan did not say, “Here is the wine, and here is the oil for you”; he actually poured in the oil and the wine. So Jesus not only gives you the sweet wine of the promise, but holds the golden chalice to your lips, and pours the life-blood into your mouth. The poor, sick, way-worn pilgrim is not merely strengthened to walk, but he is borne on eagles’ wings. Glorious gospel! which provides everything for the helpless, which draws nigh to us when we cannot reach after it-brings us grace before we seek for grace!

Here is as much glory in the giving as in the gift. Happy people who have the Holy Ghost to bring Jesus to them. Spurgeon.

Dankie, Here, dat ons U kan sien en ervaar in die lewens van U kinders. Hou hulle asseblief styf vas teen U bors, Here Jesus, op hierdie rit.
Amen.

De Klerk Family said...

To the glory of God / Tot eer van God:

All our friends and family are invited to glorify God at / Al ons familie en vriende word genooi om God te verheerlik by:

http://virenrique.blogspot.com/
http://eytanyam.blogspot.com/

Lizette
deklerkcanada@gmail.com

Anonymous said...

Enrique... ek stem saam oor die koffie en die kos! Groete Louis Kriel

Anonymous said...

Hai tannie Leana, Lerique en die twee kleingoed. Ek wil maar net hallo se vir oom Enrique en dat ek aan julle dink. Julle is in my gebede. Lerique ek dink aan jou en byt vas. Sterkte met die eksamen.
Liefde Kieter Kat (Gutte)

"Maar die wat op die Here vertrou kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie" ~Jes 40:31~
(maar net 'n bybelversie wat my na aan die hart le)

Wollie en Nellie said...

STILL HE WALKED
He could hear the crowds screaming "crucify" "crucify"...
He could hear the hatred in their voices,
These were His chosen people.
He loved them,
And they were going to crucify Him.
He was beaten, bleeding and weakened... His heart was broken,
But still He walked.
He could see the crowd as He came from the palace.
He knew each of the faces so well.
He had created them.
He knew every smile, laugh, and shed tear,
But now they were contorted with rage and anger...His heart broke,
But still He walked.
Was He scared?
You and I would have been
So His humanness would have mandated that He was. He felt alone.
His disciples had left, denied, and even betrayed Him.
He searched the crowd for a loving face and He saw very few.
Then He turned his eyes to the only one that mattered
And He knew that He would never be alone.
He looked back at the crowd, at the people who were spitting
At Him, throwing rocks at Him and mocking Him and He knew
That because of Him, they would never be alone.
So for them, He walked.
The sounds of the hammer striking the spikes echoed through
The crowd. The sounds of his cries echoed even louder,
The cheers of the crowd, as his hands and feet
Were nailed to the cross, intensified with each blow.
Loudest of all was the still small voice inside his
Heart that whispered "I am with you, my son",
And God's heart broke.
He had let his son walk.
Jesus could have asked God to end his suffering,
But instead He asked God to forgive.
Not to forgive Him, but to forgive the ones who were persecuting Him.
As He hung on that cross, dying an unimaginable death,
He looked out and saw, not only the faces in the crowd,
But also, the face of every person yet to be,
And his heart filled with love.
As his body was dying, his heart was alive.
Alive with the limitless, unconditional love he feels for each of us.
That is why He walked.
When I forget how much My God loves me,
I remember his walk.
When I wonder if I can be forgiven,
I remember his walk.
When I need reminded of how to live like Christ,
I think of his walk.
And to show Him how much I love Him,
I wake up each morning, turn my eyes to Him,
And I walk.
-- Author Unknown

Liewe Enrique, Leana & Kinders
Ons is lief vir julle.
Liefde.
Wollie & Nellie

De Klerk Family said...

Remembering good times...

http://virenrique.blogspot.com/2008/10/remembering-good-times.html

Rom 1:8 In die eerste plek dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal dat julle geloof verkondig word in die hele wêreld.

Phi 1:3 I thank my God upon every remembrance of you...

http://virenrique.blogspot.com/

Phi 1:2-8
Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink — en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap — oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is. Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus.

Phi 1:3-8 I thank my God upon all my remembrance of you, always in every supplication of mine on behalf of you all making my supplication with joy, for your fellowship in furtherance of the gospel from the first day until now; being confident of this very thing, that he who began a good work in you will perfect it until the day of Jesus Christ: even as it is right for me to be thus minded on behalf of you all, because I have you in my heart, inasmuch as, both in my bonds and in the defence and confirmation of the gospel, ye all are partakers with me of grace. For God is my witness, how I long after you all in the tender mercies of Christ Jesus

De Klerk Family

Sunika Ras said...

Met trane in my oë kan ek nie verstaan hoekom die Vader jy's vir ons geliefde Enrique wil huis toe vat nie, maar ek glo in my hart dat ons op die Vader moet vertrou om Sy wil op ons lewens uit te oefen. Die tyd het so vinnig verby gegaan en ek't op so baie geleeenthede saam met julle uit gemis!! Wat nog te sê van familie kuiers!! Ek verlang verskriklik baie en in die hele 'grootword' proses besef mens gewoontlik te laat wat eintlik belangerik is in die lewe! Leana, ek dink aan julle en weet ek is baie lief vir julle! Hoop ons kan in die toekoms meer van 'n familie vir mekaar wees!!

Anonymous said...

Mugg N Bean se koffie, McDonalds se burgers - dit sal mens altyd aan Enrique herinner. Een aand het 'n klompie van ons by Tygervallei gaan koffie drink by Mugg en Bean omdat Enrique so lus was vir koffie. Ons het nie een geld gehad vir enigiets anders nie, maar die kameraadskap en geselskap was die moeite werd! Ek mis julle so, wens ek kon elkeen van julle net 'n ou drukkie gee. Was so lank laas in die Kaap, maar as die Here wil, kom ons Desember vir 'n paar dae Kaap toe om te kyk hoe groot ons kleinkinders geword het. Verlang na die berg en die see en na ons vriende.
Ons bid vir julle en julle is gedurig in ons gedagtes.
God se wil is soewerein en ons vertrou Hom vir elke dag en om vir julle ook krag en groot genade te gee.
Baie liefde
Phillip & Ann, Nelspruit