Monday, October 27, 2008

Aanraking



Die afgelope 2 dae het Enrique se toestand merkbaar versleg. Hy kla aanmekaar dat hy verskriklik sleg voel. Die morfien is vandag opgeskuif na 10 ml per uur. Hy voel ontsettend swak, en is opvallend naarder. Ek dink elke dag by myself dat dit darem maar ’n siekte is om mee rekening te hou. Maar genadiglik het die medici middele uitgedink om ’n pasiënt pynvry te kan hou.


Geestelike en Emosionele welstand

Enrique is glad nie moedeloos nie, maar vreeslik moeg vir hierdie aanhoudende pad. Hy sê ook vandag vir my: “Ek sien hoe ek self sterf in my liggaam elke dag.” Ek kan sien dat dit vir hom regtig vreeslik is. Hy sê elke nou en dan wanneer hy so verskriklik naar was: “Dankie, dat jy hier is.” Ek wil hier wees, want ons was nog altyd daar vir mekaar.

“HIERDIE PAADJIE IS WRAGTIE NIE VIR SISSIES NIE”

Geestelik is my woorde klaar..., op. Net die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Wanneer ek my oë toemaak is Hy hier, wanneer ek rondloop in die kamer is Hy hier, wanneer ek die bemoedigende woorde op selfoon en blog lees, dan is Hy hier. Hy is letterlik oral. Baie vra: Maar kan ons jou nie aflos nie; is jy nie moeg nie? Hoe kan ek?

Daar is so baie fasette van woorde wat ons nie elke dag bewustelik oordink nie. Op die oppervlak lyk dit soos ’n klomp begrippe wat saamgevat is in ’n taal, en die gebruik hiervan word bepaal deur ons kultuur, ons agtergrond en die samelewing waarin ons onsself bevind.

Wat is dit met “woorde”? Waarom is dit so moeilik om net te “sê”, te “praat”, jouself uit te druk, dit uit te spreek? Dan is die anderkant ook waar: Waarom is dit so moeilik om jou mond te hou, stil te bly, eers te dink voor ek praat? Baie maal veroorsaak die woorde wat ek uiter ’n magdom reaksies, en wanneer jy weer kyk het hierdie klein lettertjies jou verraai, jou lelik in die steek gelaat. En al hul vingertjies wys na jou, jy is die een wat hulle gebruik het, of wat hulle wou gebruik, maar jy het nie. Jy weet jy moes, maar jy het nie. “Magtie!” Wie is hierdie geskrewe voorwerpies wat my lewe soms kompliseer en soms uit die moeilikheid uit help?

Wanneer ’n mens die lot onder die vergrootglas begin plaas kom jy af op 'n verskeidenheid van woorde wat sommer so ongesiens oor ons lippe spring, hul vleuels span en ’n vrye vlug neem deur telefoonkabels, agter bak hande, vanuit die kombuis na die kinderkamers. Oor skole-luidsprekers, in konferensiesale, deur satelliete en kan selfs op die maan gehoor word wanneer dit uit die ruimte weerklink: “Houston, we have a problem!"

Ons identifiseer hulle wel as Harde woorde, Sagte woorde, Wyse woorde, Skewe woorde, Opbouende woorde, Bedrieglike woorde... En daar is nog vele wat jyself kan byvoeg.

Hierdie woorde bestaan nie net uit herkenbare letters en lettergrepe nie. Nee, iewers het hulle ’n bepaalde waardesisteem, maar hoe swaar woorde nou eintlik weeg is moeilik om te bepaal. Word dit in tonne of milligramme geweeg? Dit is seker dié dat ons praat van gewigtige woorde, of iemand sê "maar daardie persoon is ligsinnig", of wanneer ek my hart uitgestort het, dit voel of ’n ton van my skouers af is.

Maar wanneer woorde enorme afstande aflê gaan dit my verstand te bowe. Woorde wat in ’n vorige eeu deur vername mense gespreek is, vind hul weerklank in die toekoms. Dit het die vermoë om my uitkyk op die toekoms met ’n paar grade te verskuif. Ek wonder tog hoe hulle dit reggekry het om dit uiteindelik op te vang. Het iemand op die regte tyd met die regte ingesteldheid hierdie waarhede neergepen met ’n griffel en ’n lei? Of hoe het dit nou eintlik gewerk? Hoe weet ons wat Augustinus en Luther gesê het? Hoe dit ook al sy, dit kom van ver en het die vermoë om nog verder te gaan.

Maar daar is woorde wat anderkant die letter lê. Iets wat die hart aangryp, wat hom laat smelt, wat hom laat oorgee.

Wanneer ons woorde tot ’n einde gekom het, en net voor jy die grens oorsteek na die ander kant vind jy hierdie woorde: “Ek weet nie wat om te sê nie.” Of soos Enrique die afgelope tyd gesê het: “Wat sê ons nou?” Hierna bevind jy jouself met ’n dialek wat anderkant lippetaal lê, wat ’n onherroeplike impak op jou siel maak. Dit is die woorde van aanraking. Hierdie taal kon nog nooit neergepen word nie, en ek gaan dit ook nie eers waag nie, maar dit is ’n sekere ervaring. Wanneer iemand hul hand op jou skouer plaas. Iemand jou teen hul vasdruk.



Maar tussen my en my man gebeur daar iets onuitspreekliks wanneer ons mekaar in die oë kyk; ons hande in mekaar laat gly. Dan vind daar ’n oortapping plaas van een hart na ’n ander. Wat alle tydsgrense oorskry. Wat hoogtes en dieptes bereik waarvoor daar nog nie afmetings uitgedink is nie. Wanneer tyd en afstand nie saak maak nie. En die gewig hiervan nie geweeg kan word nie. Die waarde nie geskat kan word nie, en geen woord of chirurg die hart ooit weer kan heel maak nie.

Woordelose emosie stroom oor jou wang. Ek het jou gekies uit menige ander. Ons moes saam oud geword het. Die tyd is so verkeerd vir my en jou. Ek is nie reg om ’n weduwee te wees nie, en jy is nie reg om te sterf nie. Ons woorde is klaar, maar die hande praat. Spreek onuitspreeklike woorde, wat geen bekende uit die verlede kon uitspreek nie en op hierdie aarde nog nooit gehoor is nie. Ek het my hart verloor op jou, jy weet dit, en jy sien dit.

Leana

17 comments:

Jacoline said...

Leana,

Wens so ek kon iets vir jou doen - uit my hart. Klink dalk vreeslik, maar wens self ek kon met Enrique plekke ruil omdat hy soveel het om nog voor te leef. Ek bly bid dat God Enrique sal aanraak en genees.
Baie liefde
Jacoline

Wollie en Nellie said...

Liewe Enrique & Leana

Baie dankie vir jou bemoedigende "Woorde oor aanraking." Jy verstom ons telkens, deurdat jy ons bemoedig en versterk! Baie dankie. Ons kan maar net aanhou bid dat God julle krag sal skenk vir elke oomblik en Sy Genade oor julle laat skyn.

Psalm 46:10 Be still, and know that I am God! I will be praised among the nations, I will be praised in the earth.

Liefde & seën.
Wollie & Nellie

elsabe said...

Liewe Enrique en Leana

Leana ek weet Enrique het al derduisende keer vir jou gese DANKIE, en dit nog meer kere gebid. Ons dank God vir die krag wat Hy jou gee vir die wyse waarop jy jou man beoedig, bystaan ,onderskraag en sommer net liefhet.

Baie sterkte en liefde.
Elsabe

Anonymous said...

Delight thyself also in the LORD; and He shall give thee the desires of thine heart

Hi Leana en Enrique
Dink nog baie aan julle en ons sal almal bly hoop, bid en glo
Lief vir julle

Chris, Marianka en EMille

Anonymous said...

Baie sterkte,ons bid vir julle,
van:Joeye Volskenk(Henriette se ma)Oom Hennie Pretoruis(Henriette se oupa

dan stuur Tannie Betsie Nelson(Sune en Gerhard se ouma van Mossel Baai baie liefde en gebede sal nie ophou,wees sterk,Baie Mossel Baai Groete

Anonymous said...

Leana - I am a very good friend of Joubert & Verna - and they have always kept us in the loop to your husbands condition. We recently immigrated to Australia and he still sends us updates which we are very appreciative of. After reading your blogsite it brings back many many vivid memories of when we went through exactly the same with my late brother. It feels just like the other day when we would be told that the morphene dosage has been up'd to relieve the pain. I really feel for you and your family and really pray and hope that whatever the Lord decides is the right decision (which we all know is ALWAYS the right decision). I know how you feel right now and there does come a point in time where you wait for the envitable, however you also so wish and pray the Lord will decide to save him and allow him to recover so he can have many more years of enjoyment with you and the kids and the family. So even though I am 11000kilometers away I am thinking of you and pray for you. I have 2 poems I would like to email you that to me were absolutely fantastic so if you would like that then please email me your address and will pass them onto you. I remember reading them out to my brother on many occassions and he always seemed to have this calm settle over him afterwards. I think of your husband often and keep in touch. Kind Regards and I know it's easier said than done, but keep strong and give him a big hug from us on the other side of the world. Shaun Stephenson (shaun.stephenson@iinet.net.au)

Standers said...

Liewe Leana
As woorde opraak kan ons nog sing: "God bly altyd getrou, en Hy sal Sy kinders onthou. As droefheid my deel is en laste te veel is, in alles kan ek Hom vertou" Ons bid dat God julle sal dra.
Marius en Marlene Stander

Carmen said...

More oom Enrique en tannie Leana
Woorde is maar min. Weet nie wat om te sê nie.

Oomblikke wat vir my uit staan…..
Strand Dienste Uilkraalsmond (en Ou Skip), Oorlewingskamp, Sondagskoolkampe, Jeugkampe, Jeug Aktiwiteite, Fear Factor…. En nooit sal ek vergeet hoe oom en tannie gesit en smul het aan lekker warm hamburgers terwyl ons survivor groep net ‘n lepel boontjies gehad het om te eet nie… haha, ons was so kwaad gewees, maar dit was alles deel van die pret!

Ook onthou ek hoe oom-hulle my bemoedig het met Riaan en Jaco, en Arno se dood, en ons ook bygestaan het toe my suster in daardie erinstige koma was in Desember 2002. Maar wat nog meer uitstaan is hoe julle die pad saam met my geloop het op Strand Dienste toe ek daar op Uilkraal sit sonder my selfoon, en my pa lê tuis in die hospitaal en ek het nie ‘n clue wat aangaan nie! Julle het elke dag 3 keer Kaap toe gebel om te hoor hoe dit met hom gaan! Ek is so lief vir julle!

Ek het nog nie die moed gehad om te gaan kuier nie. Ek’s bang. Julle weet hoe klein my hartjie is. Ek vra om verskoning dat ek nog nie daar uit gekom het nie.

ONTHOU OOM dat oom altyd gesê het ek gaan eendag met onbevoegde kinders werk? Ek’s nou al amper 2 jaar by straatkinder werk betrokke en ek love elke oomblik daarvan! Dankie dat oom-hulle saam my gebid het! Ek onthou nog toe ek daardie een oggend by die apteek vir oom in trane gebel het en gesê het ek wil my werk bedank want ek’t ‘n calling gekry, en oom jaag toe dadelik deur apteek toe. Toe het oom saam met my gebid en my gesê dat die Here sal my lei as dit Sy wil is, en vandag staan ek ook in die bediening! Dankie dat oom saam met my gebid het, anders sou ek nooit werklik tot bekering gekom het nie en dan sou ek nooit vandag in die bediening gestaan het nie!

My gebed is dat ons Hemelse Vader se wil sal geskied en dat, AS DIT SY WIL IS, Hy vir oom sal genees en oom se lewe ‘n lewende getuie kan wees vir die jongmense daar buite, maar ook, AS DIT SY WIL IS, Hy vir oom sal huistoe neem sodat oom daar met ‘n verheerlikte liggaam sal kan loop op strate van goud!

Tannie Leana, en Lerique, alle voorspoed met die pad vorentoe. Julle gaan ‘n ding deur wat te groot is vir my om te verstaan, en nou kan ek nie eers vir oom Enrique oplui om hom te vra om my te verduidelik nie!

Baie liefde:
Carmen Terry

Anonymous said...

Ai Leana, vanoggend is my woord heeltemal op! Ek glo jy sal dit verstaan, want ek BELEEF elke oomblik saam met jou! Baie sterkte!

Rina Hunter

Anonymous said...

Liewe Enrique en Leana
Ons as gesin bid vir julle vir genade van God, vrede en aanraking van Jesus, teenwoordigheid van die Heilige Gees. Leana dankie vir die kosbare wyshede wat jy met ons deel in hierdie tyd. Dit dra tans vir my deur die hartseer van my eie sus met breinkanker en gee my perspektief.
Baie liefde en seën
Linnie, Christo en kinders

Unknown said...

Hi Leana
Ek sit nou hier by die skool en die trane rol(nee,stroom) oor my wange. Dit wat jy skryf is so mooi, so diep en daar is soveel hemelse wysheid daarin vasgevang. Dankie vir die voorbeeld van God se krag wat jy vir ons stel. Ek is baie swak met woorde, maar bedoel dit opreg.
Liefde Ansarick

Wollie en Nellie said...

Liewe Leana,Enrique,Lerique,Aneleh&Suné
2Timothy 1:2 to Timothy, my dearly beloved child. Grace, mercy, peace from God the Father and Christ Jesus our Lord.
2Timothy 1:12 I am not ashamed, for I know whom I have believed, and I am persuaded that He is able to guard my deposit unto that Day.
Note:
He is able to guard my deposit. Paul’s life in time and eternity had been given to his Lord. He lived with unwavering confidence and boldness because of the revealed truth about God’s power and faithfulness, and his own experience of an unbreakable relationship to the Lord (Rom. 8:31-39).
that Day. Cf. vv.18; 4:8. Also called “Day of Christ”, when believers will stand before the judgment seat and be rewarded by the Lord.
Notes taken from The MacArthur Study Bible New King James Version
Heavenly sunlight
Walking in sunlight all of my journey;
Over the mountains, through the deep vale;
Jesus has said, “I’ll never forsake thee,”
Promise divine that never can fail.
Refrain
Heavenly sunlight, heavenly sunlight,
Flooding my soul with glory divine:
Hallelujah, I am rejoicing,
Singing His praises, Jesus is mine.
Shadows around me, shadows above me,
Never conceal my Saviour and Guide;
He is the Light, in Him is no darkness;
Ever I’m walking close to His side.
Refrain
In the bright sunlight, ever rejoicing,
Pressing my way to mansions above;
Singing His praises gladly I’m walking,
Walking in sunlight, sunlight of love.
Refrain
Source: e-Sword – the Sword of the Lord with an electronic edge: Hymns of Faith
Does Jesus
Does Jesus care when my heart is pained
Too deeply for mirth or song,
As the burdens press, and the cares distress
And the way grows weary and long?
Refrain
Oh yes, He cares, I know He cares,
His heart is touched with my grief;
When the days are weary, the long nights dreary,
I know my Saviour cares.
Does Jesus care when my way is dark
With a nameless dread and fear?
As the daylight fades into deep night shades,
Does He care enough to be near?
Refrain
Does Jesus care when I’ve tried and failed,
To resist some temptation strong;
When for my deep grief there is no relief,
Though my tears flow all the night long?
Refrain
Does Jesus care when I’ve said “goodbye”
To the dearest on earth to me,
And my sad heart aches till it nearly breaks,
Is it aught to Him? Does He see?
Refrain
Source: e-Sword – the Sword of the Lord with an electronic edge: Hymns of Faith
Liefde.
Wollie & Nellie
(Jammer as ons "comment" dalk 2X verskyn.Ons is nog dom met nuwe tegnologie!)

Anonymous said...

Liewe Leana,

ek sit ook hier sonder woorde, jy raak my diep. Ek mis julle. Ek dink soooo baie elke dag aan julle en ons bid daagliks saam.
Julle huwelik en lewe was so 'n heerlike voorbeeld van 'n geesvervulde lewe, ons het dit altyd so waardeer. Al sou jul paadjie nou 'n stopstraat kry (maar mag dit nie wees nie ...), sou dit so wees, sou julle woorde en al die aanraking wat julle uitgedeel het, nog vir baie, baie lank in mense se lewens 'n invloed hê. Julle het rykdom uitgedeel en houe ontvang. Julle het liefde uitgedeel en haat ontvang. Net God kan julle na waarde vergoed vir die werk wat julle tot nou toe gedoen het.
Ek is ook nog nie gereed om afskeid te neem nie !!!
Lief vir julle,
Alida

De Klerk Family said...

Leana,

LET me pour forth
My tears before thy face, whilst I stay here,
For thy face coins them, and thy stamp they bear,
And by this mintage they are something worth.
For thus they be
Pregnant of thee ;
Fruits of much grief they are, emblems of more ;
When a tear falls, that thou fall'st which it bore ;
So thou and I are nothing then, when on a divers shore.

On a round ball
A workman, that hath copies by, can lay
An Europe, Afric, and an Asia,
And quickly make that, which was nothing, all.
So doth each tear,
Which thee doth wear,
A globe, yea world, by that impression grow,
Till thy tears mix'd with mine do overflow
This world, by waters sent from thee, my heaven dissolvèd so.

O ! more than moon,
Draw not up seas to drown me in thy sphere ;
Weep me not dead, in thine arms, but forbear
To teach the sea, what it may do too soon ;
Let not the wind
Example find
To do me more harm than it purposeth :
Since thou and I sigh one another's breath,
Whoe'er sighs most is cruellest, and hastes the other's death.
(A Valediction of Weeping - J. Donne)

Anonymous said...

Dit laat ons terug dink aan die verhaal van die Twee rye spore en waar daar slegs een ry was, dit Jesus is wat ons dra. Net soos ons glo dat Jesus jul in hierdie tyd dra, so dra ons jul in ons gedagtes. Dankie vir die voorreg om jul op persoonlike vlak te ken en die inpak wat jul maak nie net op ons lewens nie, maar veral op die jongmense. Aneleh sal altyd deel van ons lewe wees en om net na haar te kyk, sal sy ons aan jou laat dink. Jou voorliefde vir biltong sal ‘n glimlag op ons gesig sit en altyd aan jou laat dink Enrique. Mag Jesus jul ryklik seen in hierdie tyd. Ons is baie lief vir julle. Liefde Pieter en Ida Brits

Anonymous said...

Ons dra jul elke dag in ons gebede en gedagtes. Die voorbeeld wat jul vir ons stel, is iets wat ons op ons pad kan saam neem.Enrique se kinderdienste het so 'n groot inpak op my gemaak dat ek sy voorbeeld wil volg deur op praktiese wyse aan my seun van Jesus te vertel. Op 14 Okt 2006 het Enrique ons in die huwelik bevestig. Soveel mense het daarna nog gepraat oor die goeie diens en die wonderlike mens wat hy is. Dankie Jesus vir 'n man wat God so lief gehad het en soveel siele kon bereik op so 'n praktiese wyse. Enrique, ek het nou nog die pakkie sop!! Ons is baie lief vir julle. Pieter, Yolandi en klein Ruan

Unknown said...

Leana

Wow... I now have an example to follow... You make me love my wife more! Im crying... Thank you.

Shaughn