Tuesday, October 14, 2008

Hospitaalnuus 13 en 14 Oktober

Hallo vriende, wil net graag vir julle doopfototjies wys van verlede sondag met Suné se doop.


Ons het ook gister vir 'n oomblik almal bymekaar laat kom. Die tydsberekening moes baie goed gewees het: Almal moes genoeg geslaap het en ons moes dit so werk dat die kinders uitgerus was, Enrique nie slaperig was nie en die fotograaf betyds is. So het ons dan 'n kosbare oomblik vasgevang. Kyk maar vir julleself.


Nuus oor Enrique se welstand

Aangesien dokters nie die stent Vrydag kon ingesit het nie, kan Enrique geen vloeistof of voedsel inneem nie. Die kanker veroorsaak alderhande obstruksies. Tans het hy 'n drip op, morfien wat by die oomblik vermeerder sal word soos wat die pyn toeneem en ook medikasie vir naarheid. Enrique is op hierdie stadium sterwend, maar elke nou en dan maak hy sy oë oop en vra hy my of dit al gebeur het. Dan vra ek "Wat?" waarop hy dan antwoord: "Het die wonderwerk al plaasgevind?" Julle ken hom mos, altyd vol hoop en passievol vir dit wat God kan doen.


Wat 'n wonderlike pasiënt is hy nie. Dit is vir my soms moeilik om te verstaan hoe sy verstand niks makeer, maar dat sy liggaam so broos kan wees en hom so verskriklik in die steek kan laat.

Op die stadium maak hy net sy oë bietjie oop en slaap die heel tyd. So hy praat nie eintlik nie.

Gebedsversoek

Sal julle asb vir ons die Here dank vir die omstandighede, klink nou vreemd. Maar in dit alles lê die skoonheid van dit wat God besig is om in ons lewens te transformeer. En in vele ander sien ek die Gees van God werk. Maar ek bid gereeld dat hy in Sy groot Goddelike wil tog Sy weg wil oopsien om dit te verander. Ek weet dat Hy gedagtes van vrede en goedheid oor ons het, en daarom weet ek dat hierdie omstandighede goed en vredevol vir Hom rakende ons is. Die vertroosting van die Heilige Gees is in sy Godheid diep teenwoordig en ek weet Hy is in beheer.


Versoek

Ek dank julle vir volgehoue gebed en bemoediging. Jammer ek kan nie almal terug laat weet nie, daarom het ons besluit op dié manier van kommunikasie. Ek is nooit by die huis nie en Enrique kan nie meer sy foon gebruik nie. Ek vra ook mooi dat u nie sal besoek by hospitaal nie, nie omdat ek of hy u nie daar wil hê nie, maar tyd is so min. Elke woordjie is getel want as
God nie anders besluit nie sal Enrique se stem stil word - sy bekende aanraking vir ons as gesin en ons probeer om alles vas te vang. Ons waardeer alles wat julle vir ons doen en dankie dat julle in jul liefde ons hande hoog hou.

Baie liefde

Leana
Namens Enrique, Lerique, Aneleh en Sunetjie




10 comments:

Coenie said...

Enrique woorde het ek Ruana nie, net `n stille gebed vir julle as gesin.

Unknown said...

Enrique, dankie vir die mooi wat ek en jy kon deel oor die jare. Dankie vir alles wat ek by jou kon leer. Indien Jesus jou dan nou graag wil huis toe neem, sal ons mekaar weer sien in die hemel. Bertie my broer stuur sy beste wense en so ook Melanie my vrou. Groete my goeie vriend. Jammer dat ons nie meer bymekaar uitgekom het nie maar ons tyd in die hemel is baie lank en vir ewig. Gert Myburgh.

Sunflowerx said...

Beste julle, ons bid elke dag. Lief vir julle.

Sunflowerx said...

Sunflowerx is Alida Pretorius se blognaam

De Klerk Family said...

Tue 2008/10/14 12:38 PM: Ek het vandag hierdie versies gelees en dit het so tot my hart gespreek as bemoediging en vertroosting vir ons almal:

Psa 37:16 Tet. ‘n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;

Psa 37:17 want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.

Psa 37:18 Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
L.

De Klerk Family said...

Tue 2008/10/07 10:53 AM: Spesiale boodskap vir Enrique:

Ons is lief vir jou en ons bid vir jou en jou gesin. Moet NOOIT moed verloor nie.

Jou lewe is 'n skroeiende getuienis vir die wereld. Jy en jou gesin het ons almal se lewens al op een of ander manier aangeraak, Enrique. God werk op vreemde maniere.

JD het besluit om van graad kursus te verander en hy studeer tans by Ambrose University College: teologie. Dit is 'n 4 jaar graad kursus: Bachelor of Theology: Church Ministries. Robin is ook baie ernstig oor sy geloof en beide van hulle bestudeer die Skrif, dogma en ander godsdienstige bronne baie ernstig. Hulle verdedig hulle geloof waar hulle ook al gaan. Ek is seker van die saadjies wat jy jare gelede gesaai het, het vrugbare grond gevind in ons kinders. Baie dankie vir jou!!!

Baie liefde van ons al 4 af vir jou, Leana, Lerique, en jou 2 pragtige dogters!! Mag God jou genadig wees en jou harts begeertes vervul. God is groot!!!

Met al ons liefde,

Lizette, Jannie, JD & Robin

elsabe said...

Ons was lief vir julle van die begin af, net soos God ons liefhet van die begin af. Ons sal die liefde wat julle oral uitgestraal het, en veral op Uilenkraalsmond daar tussen die jong mense,nooit vergeet nie. Ons bid!

Deon, Elsabe, Antoinette, Deon jnr en Christiaan.

1010 said...

Liewe Enrique Leana en Kinders.

Al die goeie en geseënde jare kom by ons op wanneer ons onophoudelik aan julle dink. Dit voel soos gister toe julle Nelia en Ewald getrou het. Ons wil by die besondere geleentheid baie dankie sê vir al julle liefde deur die jare uitgestort en ja, ons gaan vir jou Enrique, baie mis!!! Leana, ons dank die Here vir sy alomteenwoordige liefde en mag Jesus net soos Hy kan, julle versterk en bemoedig en in sy liefdevolle arms toevou.

Ons gaan juig daar in die Hemel!!!

Baie liefde

Vic en Marie

1010 said...

Liewe Enrique Leana en Kinders.

Al die goeie en geseënde jare kom by ons op wanneer ons onophoudelik aan julle dink. Dit voel soos gister toe julle Nelia en Ewald getrou het. Ons wil by die besondere geleentheid baie dankie sê vir al julle liefde deur die jare uitgestort en ja, ons gaan vir jou Enrique, baie mis!!! Leana, ons dank die Here vir sy alomteenwoordige liefde en mag Jesus net soos Hy kan, julle versterk en bemoedig en in sy liefdevolle arms toevou.

Ons gaan juig daar in die Hemel!!!

Baie liefde

Vic en Marie

Anonymous said...

Liewe Enrique en Leana en kinders,
Wens ek kan daar wees om vir jou n drukkie te gee.Enrique en jy het so baie vir Henriette gedoen toe sy in Tygerberg Hosp. was en vir my toe ek daar by haar was.Oom Hennie Pretoruis haar Oupa stuur baie liefde en bid vir julle.Al wat ek kan se,God is in beheer.Julle is heeltyd in my gedagtenis,ek bid en baie sterkte vir julle.
Baie liefde Joey Volskenk