Monday, November 17, 2008

En nou?

Leana het nog 'n paar gedagtes wat sy met julle wil deel.

Sy gaan hierdie week bietjie weg, maar beplan om weer iets te skryf wanneer sy terug is. So kom kyk gerus in die eerste week van Desember of daar weer iets gepubliseer is.

5 comments:

De Klerk Family said...

Leana,

Ons gedagtes omarm jou en kabbel saam met jou deur die onbekende reis in die ongeergde lewens stroom waarin jy jou bevind. Ons dink aan jou en die kinders.

Woorde is nooit genoeg nie, maar soms so nodig, en soms kan 'n ander dit soveel raker vat as mens self:

Lentelied

Sal jy vir my ‘n brief skryf, see
noudat my visarend-vlerk gebreek is?

fiets, fietsie, jy ry alleen in die wind
en jou pedale flits in die lig, leeg

die speke sê blink sê blink sê blink
die onverwerkbare woordjie: pyn
- Sheila Cussons

Nog eenmaal

Nog eenmaal wil ek in die skemeraand

weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,

weer met my rek op in die donker skiet,

en luister, en al word ek seer en dof,

hoe die klein klippie ver weg in die riet

uit donker in die donker water plof.
Nuwe verse (1954)- NP van Wyk Louw

Die liefde in my

Dis altyd jy, net altyd jy,
die een gedagte bly my by
soos skadu's onder bome bly,
net altyd jy, net altyd jy.

Langs baie weë gaan my smart,
blind is my oë en verward,
is alle dinge in my hart.

Maar dit sal een en enkeld bly,
en aards en diep sy laafnis kry,
al staan dit winter, kaal in my,
die liefde in my, die liefde in my.
- NP van Wyk Louw

Dankgebed

My Dank na die Mis – Universele Gebed

"Heer, ek glo in U: versterk my geloof.
Ek vertrou op U: versterk my vertroue.
Ek bemin U: laat ek U nog meer bemin.
Ek is spyt oor my sondes: verskerp my spyt.
Ek aanbid U as my eerste begin,
ek verlang na U as my laaste einde,
ek loof U as my gedurige hulp,
ek roep U aan as my liefdevolle beskermer.

Laat u wysheid my lei,
korrigeer my met u regverdigheid,
vertroos my met u genade,
beskerm my met u mag.
Ek gee U my gedagtes, Heer, laat hulle oor U wees;
my woorde: dat hulle U in gedagte steeds hou;
my dade: dat hulle my liefde vir U mag weerspieël;
my lyding: om verduur te word tot u groter heerlikheid.
Ek wil doen wat U van my vra:
soos U dit vra,
solank U dit vra,
omdat U dit vra.
Heer, verlig my begrip,
versterk my wil,
reinig my hart,
en maak my heilig.
Help my om my sondes van die verlede te erken,
en om versoeking in die toekoms te weerstaan,
help my om my menslike swakhede te bowe te kom
en om sterker te word as Christen.
Laat my U liefhê, my Heer en my God,
en help my om myself te sien soos ek is:
’n pelgrim in hierdie wêreld,
’n Christen geroep om die lewens wat ek aanraak
te respekteer en lief te hê,
dié in gesag bokant my,
my vriende en my vyande.
Help my om woede met sagmoedigheid te oorwin,
hebsug met vrygewigheid,
halfhartigheid met toegewydheid.
Help my om myself te vergeet
en om uit te reik na andere.
Help my om verstandig te beplan,
en om risiko’s moedig te neem.
Laat ek geduldig wees in lyding,
beskeie in voorspoed.
Help my om aandagtig te bid,
en om matig te wees met voedsel en drank,
getrou in my werk,
standvastig in my goeie besluite."
- Sheila Cussons

Wollie en Nellie said...

3 Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, who according to His great mercy has regenerated us again to a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead,
4 to an inheritance incorruptible and undefiled, and unfading, reserved in Heaven for you
5 by the power of God, having been kept through faith to a salvation ready to be revealed in the last time;
6 in which you greatly rejoice, yet a little while, if need be, grieving in manifold temptations;
7 so that the trial of your faith (being much more precious than that of gold that perishes, but being proven through fire) might be found to praise and honor and glory at the revelation of Jesus Christ,
8 whom having not seen, you love; in whom not yet seeing, but believing in Him you exult with unspeakable joy, and having been glorified,
9 obtaining the end of your faith, the salvation of your souls.
1 Peter 1:1-9

Liewe Leana, jy en jou geliefde Kinders bly in ons gedagtes en gebede.
Liefde en Sterkte in Jesus Christus, onse Here.
Wollie & Nellie

De Klerk Family said...

Titel: Die Pad Vorentoe
Deur: Donkie Dans
Weergawe: 1

Om in goeie geloof voort te gaan
Is Al
Wat vir my die weg kan baan.

Die volgende
Volg;
Geheimnisvol;
Onveranderd;
Onbesproke;
Slegs
Op die Vorige.

Die vorige alleen
Lei tot die volgende.

(my voet vind 'n trap plek
as ek hom vorentoe verplaas)

As ek nie kon glo nie
Dan sou ek ook nie
Kon Doen nie:

"Sonder geloof in
Onvoorsiene werklikhede
Sou ek geen stappe neem:"

Iemand sou dalk vra:
"Wie kla so steen en been?"

In die dun lug van my drome
Moet ek vas kan staan,
Of;
My beste pogings bly
Terloops, en ongedaan.

-----------------------
Ps. 23.

Ons bid vir julle en dink steeds aan julle gesin, Leana.

De Klerk Family said...

Remembering...

Isa 46:9 Remember the former things of old: for I am God, and there is none else; I am God, and there is none like me...

1Ch 16:12 Remember his marvelous works that he hath done, his wonders, and the judgments of his mouth...

Heb 13:3 Remember them that are in bonds, as bound with them; and them which suffer adversity, as being yourselves also in the body.

Leana, hierdie is vir jou en Enrique. Ek wil hiermee se: ek ervaar of verstaan dalk nie jou spesifieke seer nie, maar ek probeer en ek vereenselwig jou gevoelens hiermee:

Sonnet 18: Shall I compare thee to a summer's day? - William Shakespeare

SHALL I compare thee to a summer's day?
Thou art more lovely and more temperate:
Rough winds do shake the darling buds of May,
And summer's lease hath all too short a date;
Sometime too hot the eye of heaven shines,
And often is his gold complexion dimm'd;
And every fair from fair sometime declines,
By chance, or nature's changing course, untrimm'd.

But thy eternal summer shall not fade,
Nor lose possession of that fair thou owest;
Nor shall Death brag thou wanderest in his shade,
When in eternal lines to time thou growest:—
So long as men can breathe, or eyes can see,
So long lives this, and this gives life to thee.

Sonnet 122: Thy gift, thy tables, are within my brain - William Shakespeare

Thy gift, thy tables, are within my brain
Full charactered with lasting memory,
Which shall above that idle rank remain
Beyond all date even to eternity—
Or at the least, so long as brain and heart
Have faculty by nature to subsist;
Till each to razed oblivion yield his part
Of thee, thy record never can be missed.
That poor retention could not so much hold,
Nor need I tallies thy dear love to score;
Therefore to give them from me was I bold,
To trust those tables that receive thee more.
To keep an adjunct to remember thee
Were to import forgetfulness in me.

Sonnet 17: Who will believe my verse in time to come - William Shakespeare

Who will believe my verse in time to come
If it were filled with your most high deserts?
Though yet heaven knows it is but as a tomb
Which hides your life, and shows not half your parts:
If I could write the beauty of your eyes,
And in fresh numbers number all your graces,
The age to come would say, "This poet lies,
Such heavenly touches ne'er touched earthly faces."
So should my papers, yellowed with their age,
Be scorned like old men of less truth than tongue,
And your true rights be termed a poet's rage,
And stretchèd metre of an antique song.
But were some child of yours alive that time,
You should live twice, in it and in my rhyme.

Ons gebed vir jou, Leana:

Job 11:15-19 For then shalt thou lift up thy face without spot; yea, thou shalt be steadfast, and shalt not fear: Because thou shalt forget thy misery, and remember it as waters that pass away: And thine age shall be clearer than the noonday; thou shalt shine forth, thou shalt be as the morning. And thou shalt be secure, because there is hope; yea, thou shalt dig about thee, and thou shalt take thy rest in safety. Also thou shalt lie down, and none shall make thee afraid; yea, many shall make suit unto thee.

Psa 25:6 Remember, O LORD, thy tender mercies and thy lovingkindnesses; for they have been ever of old.

Psa 63:3-8 Because thy lovingkindness is better than life, my lips shall praise thee. Thus will I bless thee while I live: I will lift up my hands in thy name. My soul shall be satisfied as with marrow and fatness; and my mouth shall praise thee with joyful lips: When I remember thee upon my bed, and meditate on thee in the night watches. Because thou hast been my help, therefore in the shadow of thy wings will I rejoice. My soul followeth hard after thee: thy right hand upholdeth me.

Ons dink aan julle en bid steeds vir julle as gesin.

Met baie liefde.
L

De Klerk Family said...

Rev 22:12-14 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Rev 22:20-1 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus! Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

Ons dink aan en bid steeds vir julle!

Baie liefde,
Lizette