Tuesday, November 4, 2008

Dinsdagaand


Leana het al 'n ent gevorder met haar volgende post. Enrique se versorging is egter haar eerste prioriteit en dit laat nie baie tyd vir skryf nie.

Hier is solank 'n kort verslag van hoe dit fisies met Enrique gaan...

Die morfiendosis is verhoog na 25ml/h. Ek moet dalk verduidelik hoe dit werk - die morfien word met 'n soutoplossing gemeng en dan binneaars met 'n "drip" toegedien. Dit is dus nie 25ml suiwer morfien wat toegedien word nie.

Hy is steeds dikwels naar en gooi bloed op. Die swelsel is ook besig om vinnig te vererger. Kortom: Dit gaan fisies nie goed met hom nie.

Hou asb. aan om vir hulle te bid.

Enrique in "tipiese aksie" tydens 'n survivor kamp

5 comments:

Wollie en Nellie said...

Liewe Enrique & Leana
Ons bly bid vir julle dat God julle die nodige Krag en Sterkte sal skenk. Ook vra ons dat God se wil sal geskied. Julle bly in ons gedagte en hart en ons wens regtig dat ons ook iets vir julle kan doen. Ons is lief vir julle.
Wollie & Nellie

De Klerk Family said...

In this time of need, may you draw on this assurance:

Your unfailing love will last forever. Your faithfulness is as enduring as the heavens...All heaven will praise your great wonders, Lord; myriads of angels will praise you for your faithfulness. For who in all of heaven can compare with the Lord? What mightiest angel is anything like the Lord? Psalm 89:2-6 NLT

You are in our prayers and hearts, always!

Carmen said...
This comment has been removed by the author.
Carmen said...

Tannie Leana, ek bewonder tannie vir wat tannie alles vir die oom doen. Baie dankie, tannie. En ek is seker dat die oom dit ook wil uitskree!!! "DANKIE SKAT, DANKIE" maar ek weet hy sê gereeld vir ons Hemelse Vader dankie dat Hy vir tannie oor sy pad gestuur het.

Die versie wat die Here Jesus op my hart gelê het tydens Stiltetyd, is die volgende:
Hooglied 8:7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie

Julle is sowaar die mooiste voorbeeld vir ons as jongmense, oor hoe ons eendag in die huwelik moet ingaan. Die woorde: "In sickness and health” verstaan ek nou ten volle. Dis tannie wat my dit geleer het.

Baie dankie vir alles wat tannie vir die oom beteken. Ek belowe tannie dat hy dit net so baie waardeer soos almal van ons!

Ons gesin bid voortdurend vir tannie-hulle!
Ons is lief vir julle, nê!!!!

Anonymous said...

Ek dink so baie aan julle en droom soms van julle. Het vandag weer na 'n CD van Enrique se preek oor Dankbaarheid geluister. Wat 'n uitmuntende boodskap! Ek was altyd so lief vir julle toe ons nog in die Kaap gebly het. Mag God julle dra deur hierdie beproewing. Leana, ek bid vir jou vir krag - geestelik en liggaamlik. Mag Hy steeds by jou teenwoordig wees.
Baie liefde
Ann - Nelspruit