Monday, November 10, 2008

Begrafnisreëlings

Die gedenkdiens vir Enrique sal DV op Donderdag 13 November om 19:00 die aand gehou word te Corpus Christi, Hendrik Verwoerdrylaan, Panorama.

(Neem M14 Plattekloof Rd afrit van N1, ry noord met Plattekloof Rd in rigting van Panorama, en draai na ongeveer 250m by verkeerslig links in Hendrik Verwoerd. Corpus Christi is 500m verder aan die linkerkant.)

As u verdere navrae het kan u Radio Tygerberg skakel by 0861 104 104.

9 comments:

Anonymous said...

Liewe Leana
Ek wil graag soos Jan de Wet vir jou meedeel " Ek soek na woorde wat kan heelmaak waar geen mens ooit kan raak, woorde wat kan toemaak sodat geen geen mens ooit kan kyk" Ek en Francina wil jou die sterkte en krag toewens wat net ons Hemelse Vader jou kan gee

Liefde At, Francina en gesin

Unknown said...

Liewe Leana en kinders

Ons bid vir julle en weet dat God julle sal vertroos en sal dra.

Liefde
Jacqueline, Wynand en Anika de Kock

Wessel said...

Liewe Leana, Lerique en kinders.

Net die Here kan vertroos. Hier aan die Weskus word daar baie vir julle ingetree.

Sterkte,

Pretoriusse
Velddrif.

Anonymous said...

Leana,
Ons bid vir jou en die kinders ...
Onsweet dat julle treur, maar dan nie "soos hulle wat geen hoop het nie.

Ons glo dat "die God van alle vertroosting" ook vir julle sal kom troos deur sy "Trooster".
Seënwense en groete in Christus.

Oom Ben en Tannie Christa

Wollie en Nellie said...

Ons Laaste Eerbewys aan Enrique

Ons sal nie die voorreg hê om aan jou die laaste eer te bewys by die graf nie, en ook nie by die gedenkdiens nie. Ons oues gaan weens al die gevare net eenvoudig nie meer saans uit nie.

Daarom groet ons nou langs hierdie weg vir jou, liewe Enrique. Jy is verlos van hierdie ou aarde met al sy pyn storm en drang en ongeregtighede. Jy is vandag:-

Veilig in Jesus hoede,
waar nimmer sorg meer kwel;
vry van die ydel’ wêreld,
daar waar geen sonde knel!
Vry van die druk van droefheid,
vry van gevaar en vrees;
nooit sal daar meer beproewing,
trane of smarte wees.

Koor
Veilig in Jesus hoede,
sag aan sy bors gesus,
daar in sy liefdeskadu
vind ook my siel eens rus! (Halleluja 341 vers 2)

Tot wedersiens eendag daar by Jesus ons vriend, leraar en “kind.”

Ons sal jou mis.

Wollie en Nellie Wolmarans

Anonymous said...

Liewe Leana en kinders

Julle ken my nie - maar ek ken jou/julle man/pa.
Ek dink aan julle en bid vir julle, vir God se troos en bystand!
Sterkte

Jonic Badke (duitsland)

Anonymous said...

Beste mev Matthee en kinders
Ds Enrique se naam was gereeld op PE Wesgemeente se gebedslys. Innige meegevoel met die verlies van 'n lewensmaat en pappa. Al die trooswoorde wat u al ontvang het, kan ons maar net eggo.
Wees verseker dat u en die kinders steeds in ons gedagtes tot die Heer is - ons ondersteun u ook in gebed vir die gedenkdiens môreaand.
Ons het die bydraes en u opdaterings gevolg en dit is vir my inspirerende prosa - ek het u gesin daardeur leer ken - ook die geliefdes wat u in dieselfde manier ondersteun het.
Ons Goeie Vader dra u deur.
Seëngroete
Elmarie

De Klerk Family said...

Leana, Lerique, Analeh, Sune & familie en vriende van die Matthee familie,

Al kon ons nie fisies by julle wees vandag nie, is ons in die gees daar.

Ons was bevoorreg om 'n man soos Enrique te kon ken en ons dank God daarvoor.

Leana, in die dae, weke, en maande wat voorle sal ons steeds by julle wees, saam met julle treur, en gedurig deur vir julle bid. As jy 'n vriendin, 'n uitlaat klep, of 'n 'sounding board' soek, is ek net 'n oproep, 'n epos of 'n blog ver.

Julle sal nooit alleen wees nie!
God verseker ons by verskeie geleenthede in Sy Woord: Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. ... Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Heb 13:8&5b; Deut.31:6; Jos. 1:5; 1Ch. 28:20 & Mat.6:25-34.

God is almagtig, alwetend, en oraloor teenwoordig, en Hy gebruik mense om Sy liefde aan die wereld te openbaar. So wil ons graag instrumente in Sy hand wees vir julle!

Ons sal Enrique NOOIT vergeet nie! God se immers: Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie. Heb 13:7&17.

Jy en jou familie sal ons altyd in ons harte hou, Leana:

Die broederliefde moet bly. Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg. [Ons bid vir julle], omdat [julle] in alles goed wil wandel. Heb 13:1,2&18.

Ons bid julle die Here se Seen en Genade toe:

Mag die God van die vrede, wat die Groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om Sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Die genade sy met julle almal! Amen. Heb 13:20-21&25.

Sterkte met die eksamens, Lerique.
Gee jou kinders 'n stywe drukkie van my af, Leana.

Met al ons liefde,
Lizette & familie

Wollie en Nellie said...

Halleluja 328 MAGTIGE JEHOWA
1. Magtige Jehowa, lei my,
Pelgrim deur ‘n woeste land!
Ek is swak, maar U is magtig;
Lei my deur U sterke Hand!
Hemelmanna, hemelmanna,
Voed my tot versadiging! 2X

2. Open U kristalle bronne,
Waar die lewensstroom ontspring;
Laat U vuur en wolkkolom my
op my pelgrimsreis omring;
sterk Bevryder, sterk Bevryder,
wees U steeds my Krag en Skild! 2X

3. As ek die doodsjordaan eens nader,
Wil my dan van angs bevry;
U, van dood en hel Oorwinnaar,
Lei my deur na gindse sy!
Halleluja, ewig, ewig,
Sal ek U my loflied wy! 2X

Leana en Kinders, Sterkte!
Wollie & Nellie