Friday, November 7, 2008

Verlossing

Enrique is gisteraand om 21:52 oorlede.

Dit het gereën.*

"Hy was nooit ongeduldig nie, selfs nie toe hy sterf nie" - Leana

Ek sal die begrafnisreëlings hier publiseer, sodra dit gefinaliseer is.


* Sien post "Hospitaalnuus" van 16 Oktober.

27 comments:

Carmen said...

Tannie Leana en Lerique, en prinsessies

Al wat vanoggend deur my kop gegaan het toe ek die nuus kry, is die volgende:
Dis ‘n liedjie vat ek eendag op die radio gehoor het toe Jaco gesterf het. Dit het my deur gedra!

My hart is stukkend geruk
Jy is nou weg; ek wil dit nie glo!
Gister was jy nog hier by ons
Nou is jy weg na die hemel daarbo
Daar is GEEN frustrasie
Daar is GEEN pyn
Daar is NET blydskap
en liefde was daar skyn….

JY KAN WEER LOOP! Op strate van goud
JY KAN WEER SING! In die hemelse koor
Hier was jy stukkend, daar is jy weer heel
In die hemel met strate van goud

Ek hoor jou uit jou maag lag
Die stout laggie wat om jou oë plooi
Jy’t ons van kleins af geleer
In elke mens is daar ook iets mooi
Jy was my anker, ek gaan jou so mis
Ek troos my daaraan dat jy nou weer heel is

JY KAN WEER LOOP! Op strate van goud
JY KAN WEER SING! In die hemelse koor
Hier was jy stukkend, daar is jy weer heel
In die hemel met strate van goud

Ek weet die lewe gaan voort
Die pyn sal met die tyd ook vervaag
Maar eendag sal ek jou weer sien
My hand uitsteek en aan jou kan raak
Dan is die hartseer vir altyd verby
Dan is ons gelukkig, kan niks ons OOIT WEER skei

JY KAN WEER LOOP! Op strate van goud
JY KAN WEER SING! In die hemelse koor
Hier was jy stukkend, daar is jy weer heel
In die hemel met strate van goud

**************************************************

Tannie Leana en gesin. Julle bly in ons gedagtes.
Ons is lief vir julle!

Liefde: Robert, Mari en Carmen Terry
Wesley en Annely Cronje
Bertus en Melody Struwig
Robert en Lizel Terry

Wollie en Nellie said...

GESANG 279
1.Bly by my, Heer, terwyl die skemer daal;
Laat steeds U lig my lewenspad bestraal!
Daar is geen ander hulp of troos vir my –
Hulp van die hulpelose, bly my by!

2.My lewensdag begin alreeds te kwyn:
Sy vreugde en sy glans is aan verdwyn;
Die tyd laat niks hier ongeveranderd bly –
O Heer wat nooit verander, bly my by!

3.U wat ons nooit verlaat nie, goeie Heer,
Weet om met swakke mense te verkeer;
U is geduldig, en met medely’ ,
Bly U, O Heer, in nood my trou naby,

4.U bystand is so kosbaar elke uur;
Deur U genade leer ek leed verduur.
Waar is daar ooit ‘n beter lig te kry?
U Gees bly immer ons onfeilbaar by.

5.Gou daag die lig; die nuwe aarde bly
Van alle sonde, dood en smarte vry!
Dood, wie sou skrik? Graf, wat sou my laat beef?
My toekoms is gewis, want Jesus leef!

Liewe Leana, Kinders & Familie
Ons innige simpatie met julle groot, tydelike, verlies. Ons is die Here innig dankbaar vir die voorbeeld wat Enrique vir ons was. Ons is bly dat hy nou by sy Here is wat hy so liefhet.
Liefde & Sterkte.
Wollie & Nelllie

(Nellie se Ma) Ouma Soekie sê:
Ek is baie bly dat Enrique nou by sy Vader is. Ek bid die familie krag en sterkte toe.

(Vriende van Wollie & Nellie) Elize en Jan-Adriaan van Zyl sê:
Ons is jammer vir almal wat hom tydelik moes groet, maar ons dank die Here Jesus vir Enrique se totale “genesing” en is bly dat hy nou by ons Vader is. Ons bid steeds vir Leana, Kinders en familie vir vrede en berusting.

Anonymous said...

Dit het weer gereen...

Enrique, ons loop met soveer herinneringe van jou rond en dit kan nie anders as om 'n glimlag op ons gesig te laat nie maar ook trane van hartseer en verlange.
Toe ek vanoggend werk toe ry, het die liedjie "I live for my Saviour, day after day" op Radio Tygerberg gespeel en dit is presies wat jy gedoen het tot die einde.

Leana, baie sterkte vir dit wat nog voorlê. Ons is almal hier vir jou, as jy wil gesels, wil lag of slegs 'n skouer nodig het.

Lerique, kyk mooi na jou sussies, want hulle sal jou pa se voorbeeld in jou raak sien.

Ons is baie baie lief vir julle en dra jul nogsteeds in ons gebede en op ons harte.

Liefde
Yolandi & Pieter Immelman
Pieter & Ida Brits
Maritsca & Eduard Urtel

De Klerk Family said...

Leana, familie en vriende,

Ons harte ween saam met julle. Carmen se liedjie omskryf so raak hoe ons almal voel.

Ons sal ALTYD in dankbaarheid so aan Enrique dink:

Phm 1:4-7 Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink, omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het, dat die gemeenskap van jou geloof kragtig [was] ... tot eer van Christus Jesus. Want ons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, die harte van die heiliges verkwik is.

Leana en Lerique, woorde skiet tekort om ons hartseer en meegevoel te beskryf.

Wanneer my eie woorde op raak, soek ek skuiling onder die vleuls van God se Heilige Woord:

2Th 2:16-17 En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ‘n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het, julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke!

Phm 1:3 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Ons bid vir elkeen van julle!
Met al ons liefde,
Lizette

Yvonne Onderweegs said...

Leana
Ons het Enrique a paar keer deur my sussie Kirsten ontmoet. Elke keer was ‘n “life-changing” belewenis!! Veral sy geesvervulde woorde oor die liefde op Daniel en Kirsten se troudag. Enrique het so passie vir die lewe en liefde, dat hy lewe en opgewondenheid aan die woord „liefde“ in ‚n gebroke wêreld kom gee het.

Ek, my ma (Barbara) en my Bybelstudie groep, volg jou blog elke 2e dag en ek wil jou bedank en prys daarvoor. Jou getuienis is vir ons ‚n openbaring van ware liefde. Alhoewel ons smag daarna verstaan ons so min daarvan, maar elke paragraaf van jou is ‘n opsomming van suiwer Goddelike liefde wat mens tot diep in jou hart raak.

Leana, namens ‘n groep bewonderaars, wil ek jou bedank vir die ontbloting van julle intieme verhouding in die laaste fisiese dae saam. Dis ongelooflik leersaam en ons prys die Here vir julle getuienis en al jou krag en moed! Ons hou jou en jou gesin in ons gebede,

Met medelye en innige simpatie,
Yvonne en Barbara Onderweegs

Willie Smit said...

Leana

Ek was geskok om eerstens van Mattie se siekte en nou van sy afsterwe te hoor.
Ek weet julle weet waar julle hup vandaan kom, maar ek bid dat God julle bo jul verwagtinge sal vertroos en seên.
Ek kan my skop dat ek nie meer kontak gehou het nie.

Willie en Lerina Smit, Pretoria

Anonymous said...

Ons is stil en hartseer. Wat sê mens in 'n tyd soos die? Ons is net stil..

Ons bid vir julle vir krag en genesing. Laat my dink aan die skrywe van Voetspore. Die Here dra julle hierdeur. Mag die son helder skyn na die reën. Sy stem is stil, maar hy leef voort in ons harte. Daarvoor is ons baie dankbaar. Hy het 'n groot verskil gemaak.

Sterkte julle! Callie en Tanya Lombard

Anonymous said...

Leana en gesin....
Gister was die see so kalm, nie een brander nie! Anders as ander dae, van ons hier bly, nog nooit so gesien nie, ...dit was so ongelooflik vredevol!! En ek het gedink,... as mens dit in woorde kan sit...miskien maak die hele skepping gereed vir Enrique se koms. Ek kon nie veel bid nie, wou net die vrede in drink. Mag die vreugde wat vandag in die hemele weerklink ons seer harte troos! Baie liefde Guillaume, Ilana, Martie de Swardt

Leana - MAJESTEIT YAHRUACH "Beskik troos vir die treurendes in Sion - dat aan julle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, n gewaad van lof vir n verslae gees". Jes 61:3 n Troosvolle dag jou en gesin toe gebid, L'de Groete Leon en Irma Louw - Namibia

Anonymous said...

My hart gaan uit na julle. Ek huil saam met julle. Maklik is hierdie pad sowaar nie, maar ek wéét, Jesus dra deur. Hy is ons groot sakdoek wat al ons trane absorbeer, so ook julle s'n!

Liefde
Rina Hunter

Anonymous said...

Liewe Leana, Lerique en jong dames

Ons dink baie aan julle en ons gebede is met julle. Enrique se liefede vir God se werk sal vir altyd by ons wees. My hart is so seer vandag, maar die wete dat hy nou sonder pyn is, en veilig is in sy nuwe liggaam by Jesus, maak my gelukkig. Alle voorspoed en sterkte. Ek mis julle! HIer is 'n ledjie van Chris Tomil wat ek vandag aan jou op dra:

Amazing grace
How sweet the sound
That saved a wretch like me
I once was lost, but now I'm found
Was blind, but now I see
'Twas grace that taught my heart to fear
And grace my fears relieved
How precious did that grace appear
The hour I first believed
My chains are gone
I've been set free
My God, my Savior has ransomed me
And like a flood His mercy rains
Unending love, Amazing grace

The Lord has promised good to me
His word my hope secures
He will my shield and portion be
As long as life endures

The earth shall soon dissolve like snow
The sun forbear to shine
But God, Who called me here below
Will be forever mine
Will be forever mine
You are forever mine

Liefde en groete

Okkie, Maria & John Matthew van Namibia

Anonymous said...

Comes The Dawn

After a while you learn the subtle difference
between holding a hand and chaining a soul
And you learn that love doesn't mean leaning
and company doesn't always mean security
And you begin to learn that kisses aren't contracts
and presents aren't promises
And you begin to accept your defeats
with your head up and your eyes ahead
with the grace of a woman, not the grief of a child
And you learn to build all your roads on today
because tomorrow's ground is too uncertain for plans
and futures have a way of falling down in mid-flight.
After a while you learn that even sunshine burns
if you get too much.
So you plant your own garden and decorate your own soul
instead of waiting for someone to bring you flowers.
And you learn that you really can endure
that you really are strong
and you really do have worth
And you learn and you learn
with every goodbye you learn...

Leana, die liefde van die Here sal jou deur dra vriendin,die Here is by jou met elke tree, SY liefde omvou jou, droog elke traan, en weet Hy verstaan!!!!!!!!

Anonymous said...

LEANA
Though hearts break and tears flow on earth, in heaven there is rejoicing because ths dear child of Mine is in My arms, perfectly happy and perfectly whole. Here I am able to hold him close, wipe away his tears, and show him my love. Oh how great that love is!!
In just a little while you will be reunited. Until then, hold tightly on to My hand and let Me comfort you. Remember that the one whom you love but see no more is now in a better place. He is in My presence, where he is free from all pain and problems and experiences My love without measure.
You cannot possibly imagine the love and joy and freedom that your loved one now experiences in the heavenly realm, but I can give you a little foretaste - a little glimpse of Heaven and its wonders. Won't you come into My arms and experience a touch of that love? Let Me hold you close. Let Me wipe away your tears. Let Me ease your pain and mend you broken heart. Let me carry you through this time of heartbreak and loss. Come, find sweet relief in My arms, just as your loved one has.

From: Jesus with love

Anonymous said...

Enrique was vir my n mentor en vriend, n opregte bedienaar vd WOORD.Dit voel vir my of ek een van my kinders afgegee het.Sy groet refrein in my ore; Hallo my tannie! Sy hartklop was die vd VADER, daarom het mense soos lak aan hom gekleef. vir beter kon ons nie gevra het nie.Sy getrapte spore is diep en hy het soveel harte aangeraak. Die omvang vd verlies vir ons wat hom so liefgehad het,is geweldig.Die verstaan sal later kom wanneer ons ook huistoe geroep word.Die seer is groot, maar ons dankbaarheid teenoor die HERE bly vasstaan en gee Vrede. Leana en kinders, jul hartseer wat jul vandag voel, sal die HERE laat afneem met elke dag wat verby gaan.Jou kosbare vriende sal troos bring in hierdie droewige tyd en al jou vriende en familie se liefde sal jou dra.My geliefkoosde SKRIF is Joh.11:25 Jesus se WOORDE; EK is die opstanding en die LEWE, wie in my glo, sal lewe al het hy ook gesterwe.Sterkte my kolega Ons bid vir mekaar. Elda

Anonymous said...

Leana en kinders

My Pa is Julie oorlede ek weet die seer is groot.

Dis 'n reuse troos om te weet Enrique is by Jesus, dit neem die angel uit die dood uit.

Vrede en vertroosting word julle toegebid!

Louis

Anonymous said...

Ons is almal vreeslik jammer! Wat kan mens sê? Die oom is nou veilig in Jesus se ams, en hy het geen pyn en lyding meer nie, die verlange is groot en gaan erger raak, maar hy het baie liefde en wysheid agter gelaat om jul deur te dra.

Ons is almal so lief vir julle en bid vir julle

Liefde Annely, Wesley en Trudi-lee Cronje

Anonymous said...

Leana en kinders, ons dink aan julle in hierdie tyd. Dankie vir wat jy vir Enrique beteken het en ook vir ons wat soveel by jou kon leer tydens hierdie laaste paar dae. Gert en Melanie Myburgh.

Anonymous said...

Baie sterkte! Ons dink aan jou Leana met die begrafnis reëlings en die tyd wat voorlê.
Gerhard en Suné (Potties)

Anonymous said...

Psalm 116 vers 15

Kosbaar is in die oë van die Here die dood van Sy gunsgenote.

Anonymous said...

Leana
Jy ken my nie, maar ek het deur Alta en Emile die afgelope tyd jul lewe gevolg en die impak wat jul op my lewe gehad het die geskrewes en woorde en inspirasie, die geloof die optimisme, die hartseer die vertroue.....alles wat jul beleef het, het soveel in my eie lewe wakker gemaak!

Dankie daarvoor, so inspireer jul mense voortdurend, en ek wens ek kon jou 'n drukkie kom gee en jou eina wegvat, jy verdien 'n goeie rustyd en al die liefies en tydjies saam jou familietjie, en gelukkig weet ons almal dat Enrique hou fees daar bo en sal altyd met jul wees!

Vrou jy is 'n inspirasie en 'n mens duisend, ek het soveel waardering vir wat jy doen, beteken en deurgaan!
God straal uit jou uit!
Stunning mens stunning, my hart gaan uit na jou, maar ek weet God en die Heilige Gees is alom julle!
Groot liefdes drukkie na jou kant toe!
Ek is bly dit het gereen!
Liefde
Peta

Unknown said...

Ek het so sleg gevoel om te hoor van Enrique se dood. Vandat ek weg is by Radio Tygerberg het ek heeltemal kontak verloor met hom en Leana. Sal nooit vergeet hoe hy my altyd gekomplimenteer het op my Program nie. Ons innige simpatie met sy heengaan!! Leana mag die Here jou dra en versterk in hierdie tyd. Gelukkig is Enrique nou by Vader & verseker sonder pyn en BAIE gelukkig!Die Here seen vir julle. Baie Liefde en Groete! Hein en Elsje van Wyk (asook Daniel; Johandre & Heinie)

Anonymous said...

Liefste Leana, Lerique en poppies

Ons innige simpatie met die afsterwe van jou Eggenoot, en julle Pappa. Mag hy vir altyd in julle harte bly leef. Ons huil saam met julle en bid julle die vrede wat alle verstand te bowe gaan toe! Jack en Hester mag julle sterk staan vir Leana en die kindertjies!

Baie liefde
Amanda en Wimpie Nel xxx

De Klerk Family said...

You are invited to join the Facebook group "Enrique Matthee R.I.P 4ever!!!" created by Monique Basson at the link:

http://www.facebook.com/n/?group.php&gid=34557323943

More Details here:
http://virenrique.blogspot.com/2008/11/enrique-matthee-rip.html

We will keep him in our hearts, and his family in our prayers!

Wollie en Nellie said...

TER NAGEDAGTENIS AAN ENRIQUE:
12 MEI 1967 - 6 NOVEMBER 2008

Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! Job 1:21

Alhoewel ons dit verwag het, was dit nogtans vir ons ‘n groot skok om van jou dood te verneem. Dit het op die dag van ons 43ste huweliksherdenking gebeur, dat Jesus jou Huis toe geneem het.

Ek onthou met hoeveel energie en vreugde jy altyd Sondae oggende die trap van Tygerberg se kerk van onder af uitgehardloop het, ‘n oomblikkie by ons kerkbank vertoef het om ons in te lig hoé “in die kol daardie betrokke Sondagoggend se Skrif-sms was, en hoé dit by die boodskap wat jy voorberei het pas.” Só sal ons jou altyd onthou:-
‘n bondel energie, vol vreugde oor die Woord van die Here.

Ja, liewe Enrique, dit is vir ons ‘n besondere voorreg om Sondae oggende vir ons Moeder, ons kinders, ons herders en vriende in Jesus, ‘n Skrif-sms te stuur! Dis ons kosbare kleinnood dat ons altyd terugvoer van jou gekry het.

Daar was vanoggend om 06:45 (die tyd wanneer die vroeë Skrif-smse na al ons 083 nommers afgaan), trane toe ek daaraan dink dat ek nie meer hier op aarde die voorreg het om jou 083 nommer daarby in te sluit nie. Maar ook is daar groot vreugde in my hart omdat jy nou persoonlik aan die Woord se Voete sit!

Gedurende die laaste paar maande van jou kosbare lewe hier op aarde, was dit ons voorreg om elke dag vir jou ‘n Bybelteks te sms en was ons dankbaar om, wanneer dit vir jou moontlik was, terugvoer te ontvang.

Ons liewe Kind, ja, in ons gemoed was jy ons Seun, omdat jy slegs 12 dae jonger as ons eie oudste Seun is, het ons jou so in ons harte gebêre. Dit is daarom dat ons met verlange in ons harte daarna uitsien om jou aardse liggaam op sy laaste reis na die graf te vergesel, om sodoende die laaste eer aan jou te bewys, soos ‘n eie ouer aan sy Kind sou wou bewys.

Ons sal jou mis.
Liefde.
Wollie & Nellie

Evette de Klerk said...

Leana, Lerique & meisies,

Ek weet nie wat om te se nie.....Mag God jul in die tyd wat voorle styf teen sy bors vashou!

Sterkte!!
Ek sal altyd aan jullle dink, en vir julle bid!!

Liefde,
Evette

Wollie en Nellie said...

Die skrywer is Robert Peterson. Hy skryf:-
Sy was maar 'n skamele 6 jaar oud toe ek haar vir die eerste keer ontmoet het. Ek ry gewoonlik die 4 kilometer af strand toe elke keer as ek voel dat die wêreld vir my te klein begin word. Sy was besig om 'n sand-kasteel of iets te bou, en toe sy opkyk, kyk ek in die pragtigste blou ogies, so blou soos die see self.
"Hallo", sê sy.
Ek antwoord met 'n knik van die kop, nou nie juis in 'n bui om te bodder met 'n klein dogtertjie nie.
"Ek bou", sê sy.
"Ja, so sien ek. Wat bou jy?"
Ek gee nou nie juis om wat sy bou nie.....
"Aag ek weet nie, ek voel maar net lus om in die sand te speel."
Die idee trek my nogal aan, en ek trek my skoene uit. 'n Strandlopertjie sweef verby.
"Dis 'n vreugde", sê sy.
"Dis 'n wat?"
" 'n Vreugde. Mamma sê dat 'n strandlopert-jie vir 'n mens vreugde bring."
Die strandlopertjie verdwyn oor die duin.
"Koebaai vreugde", mompel ek vir myself,
"Hallo pyn!"
Ek draai om om te loop. Depressie het aan my geknaag - my lewe was 'n gemors.
"Wat is jou naam?" Hierdie dogtertjie gaan nie maklik tou opgooi nie.
"Robert", sê ek, "Robert Peterson."
"Ek's Wendy ..... ek is ses."
"Hallo Wendy"
Sy giggel. "Jy's snaaks", sê sy.
Ek lag, ten spyte van die donker wolk wat oor my gemoed hang, en ek stap aan. Haar klokhelder giggel-laggie volg my.
"Kom weer meneer P", skree sy, "kom so-dat ons nog 'n gelukkige dag kan hê!"
Na 'n paar dae van onbeheerbare Boy Scouts, frustrerende vergaderings en 'n ou kranklike moeder, het die son een oggend so vrolik geskyn dat ek die skot¬telgoedwater van my hande afgeskud het, en toe sê ek vir myself:
"Robert, jy het 'n strandlopertjie nodig."
Die heerlike sout seelug wag vir my, en ek gryp my jas. Die windjie is ysig, maar ek stap aan en probeer die rustigheid van die strand indrink, daardie rustigheid
wat ek so bitter nodig het.
"Hallo meneer P," roep sy my, "wil jy kom speel?"
"Wat het jy in gedagte?" Ek voel half vies vir hierdie inbreuk op my gedagtes.
"Aag, ek weet nie..... wat dink jy?"
"Wat van kennetjie?" vra ek half sarkas¬ties.
Haar klokhelder laggie weerklink oor die strand.
"Ek ken nie daai speletjie nie."
"Nou maar dan loop ons maar sommer."
Ek kyk af na die lewendige klein figuurtjie, en ek kan nie help om die delikate bleek gesiggie raak te sien nie.
"Waar bly jy?"
"Daar annerkant", sê sy, en sy beduie in die rigting van 'n paar somerhuisies.
Dis baie snaaks, dink ek. Om in die winter in somerhuisies te kom bly....
"En waar gaan jy skool?"
"Ek gaan nie skool toe nie - Mamma sê ons is met vakansie."
Sy babbel aanmekaar terwyl ons met die strand afstap, maar my gedagtes is baie vêr weg. As ek later huistoe ry, sê Wendy vir my dat dit 'n baie lekker dag was. Ek glim-lag vir haar - snaaks genoeg voel ek ook sommer baie beter.
Drie weke later jaag ek af na my strand toe. Dinge het nou net te veel vir my geraak, en ek is nie in 'n bui om eers vir Wendy te groet nie. Ek sien iemand op die somerhu-isie se stoep sit - seker Wendy se ma - en ek voel asof ek vir haar wil skree:
"Hou jou dogtertjie asseblief vandag tuis!"
Ek stap gejaag, maar Wendy haal my in.
"Asseblief, nie vandag nie!", snou ek haar toe, "Ek wil vandag alleen wees!"
Sy lyk vandag onnatuurlik bleek en uitasem.
"Hoekom?" vra sy.
Ek gaan staan, draai om na haar toe en skree: "Want my ma is dood!"
En skielik wonder ek waarom ek dit vir hier-die kind vertel.
"O", sê sy saggies, "dan is dit 'n slegte dag."
"Ja", sê ek, "én gister, én eergister, en ... aag gaan tog net weg!"
"Was dit seer?" sy kan net nie ophou nie.
"Was wát seer?" ek is moedeloos, met die dogtertjie en met myself.
"Toe sy dood is?"
"Natuurlik was dit seer!" kap ek terug, son-der om die bedoeling agter haar vraag te verstaan. Ek draai om en stap haastig weg, versonke in my eie seer gedagtes.
'n Maand of wat later, toe ek weer op die strand kom, was sy nie daar nie. Ek voel skuldig en skaam oor my gedrag, en ..... ek het haar nogal gemis. Ek stap na die strandhuisie toe en klop aan die deur. 'n Vrou maak oop.
"Ek is Robert Peterson", sê ek, "ek mis jou dogtertjie só vandag, en ek het net gewon-der waar sy is."
"O ja, meneer Peterson, kom in asseblief. Wendy het so baie van jou gepraat. Ek is so jammer dat ek toegelaat het dat sy jou pla. As sy 'n oorlas was - dan vra ek om verskoning"
"Aag nee wat, sy is so 'n borrelende klein dogtertjie." En skielik besef ek dat ek werk-lik bedoel wat ek sê.
"Wendy is verlede week dood, meneer Pe-terson. Sy het bloedkanker gehad - het sy jou nie gesê nie?"
Skielik draai die wêreld om my, en ek gryp haastig vir 'n stoel. Ek is sprakeloos.
"Sy was so lief vir hierdie strand, en toe sy vra dat ons hierheen kom, toe kon ek nie nee sê nie. Sy het soveel beter hier gelyk, en hier het sy baie gelukkige dae gehad. Maar die laaste paar weke het sy baie vin-nig agteruit gegaan."
Haar stem bewe. "Sy het iets vir jou gelos ..... as ek dit net kan opspoor. Sal jy omgee om 'n bietjie te wag - ek soek dit net gou?"
Ek knik my kop - ek soek vir woorde - maar hulle ontbreek. Wat sê ek vir hierdie prag-tige jong vrou?
Sy gee vir my 'n vuil koevert met "MR. P" op geskryf in groot kinderletters.
Binne is 'n tekening in helder kleure - 'n geel strand; 'n blou see en 'n bruin voël, en on-deraan die woorde: " 'n Strand¬lopertjie om geluk te bring".
Ek kan die trane nie keer nie, en hierdie klip-hart van my wat lankal vergeet het wat dit is om lief te hê, kraak en breek. Ek neem Wendy se ma in my arms:
"Ek is so jammer, so bitter, bitter jammer", is al wat ek kan uitkry, oor en oor, en saam huil ons.
Daardie kosbare prentjie is geraam, en hang in my studeerkamer. Ses woorde - een vir elke jaar van haar kort lewetjie - sê vir my van harmonie, dapperheid en 'n on-voorwaardelike liefde. 'n Geskenk van 'n dogtertjie met see-blou oë en hare die kleur van die seesand - sy het my geleer van die geskenk van ware liefde.

Hierdie ware verhaal is opgeteken deur Robert Peterson. Dit het meer as 20 jaar gelede afgespeel, en hierdie insident het sy lewe onherroeplik verander. Ons kan hieruit leer dat ons tyd moet maak om die lewe te geniet, en tyd moet maak vir mekaar. Die lewe is so gekompliseerd - die gejaag en elke dag se probleme en traumas kan maak dat jy fokus verloor en van die dinge wat rêrig saakmaak vergeet.
Gaan gee vir die mense in jou lewe waar-voor jy lief is vandag 'n ekstra drukkie, net om te sê dat jy omgee en vir hulle lief is. En gaan stap 'n draai in die tuin, en ruik aan die blomme. Drink dit skeppingswonder van God in, en gee aan Hom die eer.

Wendy het nie maar toevallig op Robert se pad gekom nie - daar is nie so 'n ding soos toeval nie. Sy was daar met 'n doel.

So bring die Here dinge op ons pad met 'n doel - soms is dit nie lekker nie, soms raak dit daar diep binne in jou bors, waar 'n waslap nie kan was nie, aan jou hart. Maar sien die hand van God daarin, en dank Hom daarvoor.

Ek bid vir jou 'n Strandlopertjie-dag toe.
In die hemel sal ons die volmaaktheid vind waarna ons nog altyd gehunker het. Daar sal gesondheid, lewenskrag, kennis, vreugde, aanbidding, liefde en volmaaktheid wees.
Liewe Leana, Lerique, Aneleh & Suné
Mag God se Liefde, Genade & Krag julle vandag versterk. Julle is voortdurend in ons gebede en gedagte.
Liefde in Jesus Christus, onse Here.
Wollie & Nellie

(Vriende van Wollie & Nellie) Erica Taljaard & Elsa Louw sê:
Baie dankie dat ons deur julle kon deel in die lewe van Enrique en Leana. Ons besef net dat dit nou die moeilikste stuk is wat voorlê. Die feit dat Enrique weg is en daar nie meer ‘n vel is wat aangeraak kan word nie. Sy moet ook weer die versorging van die 2 kleintjies oorneem en om nie van die seun te praat wat emosioneel ook seer gaan hê nie. Ons weet dat die Here by haar sal wees, maar menslik gaan dit nie maklik wees nie.
Laat weet steeds hoe dit met Leana gaan wanneer julle nuus het.
Liefde
Erica/Elsa

Anonymous said...

Liewe Leana en familie

Ek het daagliks jou stukkies nuus en herinneringe gelees. Jy het so baie mense se harte aangeraak en ons laat nadink oor ons geliefdes en die seeninge wat ons het. Dankie dat jy toegelaat het dat ons die moeilike pad saam met julle kon stap. Mag julle gesin steeds elke dag, meer en meer GOD se vertroosting en nabyheid ervaar in die moeilike dae wat voorle.

Groete
Wilsenach gesin (Ananda se sussie)

Anonymous said...

Leana, Lerique, Sussies en Familie

Woorde het ons nie - ja, ons is ook stil voor die Here.

Hy omhels ons "Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd" (Ps. 125:2)

Ons is nie alleen nie "Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my (sal julle) gehelp..."

Die Here sal julle nooit soos `n weeskind los nie. Hy sê Hy sal altyd by julle wees. Ons het almal te min krag. Ons kan die Here se krag nie sien nie. Maar dit is eg. Ons is nie alleen nie.

Leana, ons bid vir julle en ons is slegs `n telefoon-oproep ver.

Baie sterkte en liefde

Jan en Theresa